MASA Nasionale Kampioenskappe

Home / Nuusberigte / MASA Nasionale Kampioenskappe
MASA Nasionale Kampioenskappe

Op 14 en 15 Junie het lede van “Raptors Martial Arts” aan die MASA (“Martial Arts South Africa”) Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem as deel van die Oos-Provinsie span. Hierdie span het onder die vaandel van KOSA (“Kickboxing Organization of South Africa”) meegeding.

Met 629 atlete van 23 verskillende Martial Arts-organisasies was dit ‘n groot en uitdagende kampioenskap – fisies én emosioneel. Tog het elke deelnemer met alles wat hulle het geveg, vasberade om hul plek op die podium te verdien.

🏆 Ons is ongelooflik trots op die volgende Hoër Volkskool leerders wat medaljes verower het:

🥇🥇🥈 Reaglin Maarman

– Goud: No-Gi Grappling

– Goud: Points Fighting

– Silwer: Continuous Fighting

🥇 Renaldo van der Westhuizen

– Goud: Continuous Fighting

🥇🥇 Jean van Wyngaard

– Goud: Points Fighting

– Goud: Sports Boxing

Baie geluk aan hierdie kampioene! Julle is ‘n inspirasie en toon wat harde werk, toewyding en deursettingsvermoë kan bereik.