Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal!
Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het:
– Renaldo van der Westhuizen – Pers
– Reaglin Maarman – Pers
– Jean van Wyngaard – Blou
– Leshandre Roman – Groen 1
Hou aan met jul harde werk en toewyding!
