Volkskool gee om

Home / Nuusberigte / Volkskool gee om
Volkskool gee om

Melandré Kombani en Chequin Koopman, hoofleiers van Hoër Volkskool, het Dinsdag ‘n koevert met HVS se donasie aan die Graaff-Reinet Kankerverening oorhandig. HVS het ‘n baie suksesvolle kankerveldtog tydens die kankermaand Oktober, geloots. Die projek is deur onderwysers en leerders ondersteun om fondse in te samel.

Me. Hannetjie Pieterse, verteenwoordiger van die Graaff-Reinet Kankerverengiging het die donasie namens die kankervereniging ontvang.