Op 3 November het die Hoofseun en Hoofdogter van 2026 van Hoër Volkskool ’n draai gaan maak by Laer Volkskool se nuwe leiers vir 2026. Die besoek was ‘n besondere oomblik vol trots en verbondenheid tussen die twee skole. Die jong leiers het mekaar gelukgewens en sterkte toegewens vir die nuwe rolle wat op hulle...
Category: Nuusberigte
‘n Wildervaring om oor huis toe te skryf!
Mnr. en Mej. Volkskool se Top 3 seuns en dogters het vandag ’n onvergeetlike uitstappie na Samara beleef – ’n dag vol avontuur, lag en opwinding. Binne die eerste dertig minute het die groep hul eerste ontmoeting met die olifante gehad. Hulle het rustig deur die veld gewei, en die groep kon ’n rukkie by...
Personeel-bederfdag by Samara
Op Saterdag 1 November het Volkskool se personeel ’n welverdiende blaaskans by die pragtige Samara Karoo Reserve geniet. ’n Dag om asem te haal, saam te lag en net weer mens te wees. Die veld se stilte en oop ruimtes het vir almal ’n gevoel van vrede gebring tydens ’n ontspannende wildrit, waar die skoonheid...
Volkskool se top prestasies van die jaar!
Ons is ongelooflik trots om ons top sport- en kultuurpresteerders vir die jaar te vier! Die prestasies van ons leerders wys regtig wat “Volkskool-gees” beteken – vasberadenheid, talent en deursettingsvermoë in alles wat hulle aanpak. Glimlag en applous vir ons wonderlike leerders: Alecia Louw: Skoolhoof Prestige-toekenning, Nasionale o.16 A-hokkiespan, Naudé Wissel-trofee vir veelsydigste sportvrou en...
Volkskool se gholfdag ‘n reuse sukses!
Saterdag, 25 Oktober, het die son warm oor die Karoo gebrand en die wind sy eie spel gespeel, maar niks kon die gees van Volkskool se jaarlikse gholfdag demp nie. Van die eerste afslaan tot die laaste put was dit ’n dag vol lag, lekker kuier en puik gholfspel. Die gholfers het met goeie humor...
Akademiese en Sportprestasies by Volkskool
Ons is ongelooflik trots om drie van ons leerders te vereer wat met uitmuntende prestasies uitgeblink het! Zoe Campher, Drian Gildenhuys en Hestri Pearson het Erekleure vir Redenaars ontvang – ’n erkenning van hul toewyding, selfvertroue en talent op die planke. By ander sportsoorte het Rikus Erekleure vir Boogskiet ontvang, terwyl Luandre Rademan Erekleure vir...
ATKV afsluiting
Wat ’n fantastiese manier om die jaar af te sluit! Ons leerders het by die ATKV-afsluiting hul boerevaardighede ten toon gestel in opwindende boeresport-aktiwiteite soos gesakspring en driebeenhardloop. Elke deelnemer het met energie, gees en ’n glimlag deelgeneem – werklik ’n fees van vaardigheid en kameraadskap. Natuurlik kon ons nie die heerlike Debonairs misloop nie!...
Volkskool swem vir kanker
Vandag het Volkskool met hart en gees saamgestaan vir ’n saak wat naby aan baie harte lê. In samewerking met die Kankervereniging van Graaff-Reinet het leerders en personeel deelgeneem aan ’n besondere fondsinsamelingsprojek om bewusmaking vir kanker te bevorder. Vir elke tien lengtes wat geswem is, is R10 aan die Kankervereniging geskenk – en ons...
Gemengde Gevegkuns: WKA-Wêreldkampioenskappe
Van 16 tot 19 Oktober het Jean van Wyngaard, ’n trotse Volksie in graad 11, Suid-Afrika verteenwoordig by die WKA-Wêreldkampioenskappe in Sheffield, Engeland. Jean het uitmuntend presteer en ’n vierde en vyfde plek in sy afdelings behaal — ’n besonderse prestasie op internasionale vlak! Die Suid-Afrikaanse span het algeheel in die vierde plek geëindig en...
Uitslae van die naweek
Wat ’n ongelooflike naweek vir Kate-Lynn Kruger! By die 4th A League Gala in Gqeberha op 18 Oktober het sy die swembad regtig laat borrel met haar uitmuntende prestasies: – Gemengde 100m Rugslag: 1ste plek – Gemengde 50m Rugslag: tweede plek Persoonlike rekord: 50 Rugslag – Gemengde 200m Individuele Medley (IM): 1ste plek – Gemengde...









