Die volgende gr. 12-onderwysers van Hoër Volkskool is vir die NSS-nasienproses aangestel:
Category: Nuusberigte
Alicia Louw presteer in hokkie
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Alicia Louw gekies is vir die Oos-Kaap Hokkiespan wat in 2025 na Duitsland sal toer.Ons wil graag vir Alicia baie geluk se met hierdie wonderlike prestasie en glo sy sal die geleentheid met albei hande aangryp.
Netbalkursus
Die afgelope twee dae het ‘n groep plaaslike afrigters ‘n NSA Netbal-afrigtingskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur Lana Krige. Lana is tans die hoofafrigter van die NMU Madibaz-span en het al groot hoogtes in Netbal Suid Afrika bereik, as speler en afrigter. Die kursus was baie leersaam en ons sien uit na die nuwe seisoen! Baie...
Herinneringsdag
Op Sondag, 10 November het Hoër Volkskool se hoofleiers die jaarlikse Herinneringsdagdiens bygewoon. Die diens is by die St James the Great-kerk gehou. Jaarliks woon ons hoofleiers hierdie gewyde geleentheid by, om gevalle helde te herdenk. Die geleentheid herdenk die Wapenstilstanddag, wat aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, plaasgevind het. Foto: Saré...
HVS se hoofseun sing
Rikus Kleyn het verlede kwartaal aan Huisgenoot Eisteddfod deelgeneem. Elke deelnemer het toegang gekry tot ’n spesiale, eksklusiewe meesterklas, waarin ’n professionele vermaakkunstenaar praktiese raad deel en jou help om vir jou optrede voor te berei. Beoordeling was deur sterre in die kunste- en vermaakbedryf gedoen. Vir die sang afdeling, waaraan Rikus deelgeneem het, kon...
HVS Dans-Eksamen
1 en 2 November het dansers van die Chinelle School of Dance deelgeneem aan ‘n dans-eksamen, gebasseer op die danssillabus wat hul die jaar voltooi het.Die eksaminator Me. René Ferreira, wie ook ‘n dansstudio het en self meer as 30 jaar ondervinding het in dansafrigting in die ‘Modern,Tap & Contemporary’ afdelings Die volgende dansers van...
Geloofsbelydenis
Vyf van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek húl geloofsbelydenis in die pragtige NG Kerk Graaff-Reinet afgelê. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir hierdie nuwe lidmate.Baie geluk. FotoVoor: Micayla Williamson, ds. Johan Ekkerd, Casper BekkerAgter: Tiaan Fourie, Malan Meyer, Jean-Pierre Theron en Jayden Odendaal (UHS)
Weppie Preppie Konsert
Weppie Preppie bied binnekort ‘n konsert aan. Die voorbereidings het ‘n ekstra hupstoot gekry, danksy ‘n oud-Weppie Preppie-leerder wat help met die konsert.Temzynne Juries se skooldae het jare gelede in Weppie Preppie begin. Sy hou baie van toneelopvoerings en het tydens haar skoolloopbaan aan talle Eisteddfodd kompetisies deelgeneem. Tussen die studies vir haar eindeksamen en...
Vakature – Bemarker
Volkskool Graaff-Reinet benodig die kundigheid van ‘n dinamiese en toegewysde BEMARKER. Hier is jou kans om deel te word van dié top Afrikaanse, plattelandse skole in Graaff-Reinet:









