Op Woensdag 22 Oktober het Hoër Volkskool teen Gill College op Gill se tuisveld gespeel. Met die wen van die loot het Volkskool besluit om eerste te kolf en het ’n indrukwekkende 215 lopies in hul 25 boulbeurte aangeteken. Hierdie telling is moontlik gemaak deur ’n onoorwonne 104 van Enriano Joubert en ’n blitsige 70...
Category: Nuusberigte
‘n Klein bemoediging vir ‘n groot dag
Vandag skryf ons matrikulante hul eerste gesamentlike vak – die begin van hul finale eksamenreis. Voor hulle na die saal vertrek het, het die graad 1’s buite op die rugbyveld hulle ontmoet om sterkte toe te wens. Met groot opgewondenheid het die jongstes elke matriek met ’n briefie, ’n soetigheid en ’n pen verras –...
Chenoa Jeffrey blink uit by Oos-Kaap Tennis toernooi, Cradock
Wat ’n fantastiese naweek vir Chenoa Jeffrey! Op 11 en 12 Oktober het sy aan die Oos-Kaap Tennis toernooi in Cradock deelgeneem en saam met haar span ’n derde plek verower. Die kompetisie was sterk, met spanne van Eden, Aloe’s en Noord-Kaap, maar Chenoa en haar span het vasgebyt en met trots geveg. Ons is...
Volkskool personeel wys hul spiere by die Dinosour Obstacle Course
Op Vrydag, 17 Oktober, het Volkskool se Laer- en Hoërskoolpersoneel met groot entoesiasme aan die Dinosaur Obstacle Course deelgeneem, aangebied deur Tri the Karoo. Dit was die eerste keer dat Volkskool genooi is om deel te neem, en ons sê graag baie dankie aan die organiseerders vir ’n heerlike, pretgevulde ervaring. Die foto’s vertel die...
Akademiese uitblikers word vereer by Volkskool
By Volkskool se jaarlikse prysuitdeling op Maandag, 20 Oktober, is die fokus geplaas op harde werk, toewyding en trots in die klaskamer. Hierdie aand was ’n ware viering van deursettingsvermoë en prestasie – waardes wat diep in Volkskool se kern lê. Sar Viljoen het ‘n eerste klasposisie behaal met ‘n gemiddeld van 78,3%. Sy ontvang...
Hokkie Besigheidsliga – Week 2
Vandag het ons die ware Karoo-hitte op die Astro gevoel, maar dit het niemand ondergekry nie! Die spelers het met entoesiasme, spanpoging en baie gees hul wedstryde aangedurf. Die energie was aansteeklik en die sportmangees op sy beste – presies soos ons dit by Volkskool ken. ’n Groot dankie Marelize Fourie wat die warm oomblikke...
Hoofleiers vir 2026
Met waardigheid en trots kondig ons die Hoër Volkskool se hoofleiers vir 2026 aan. ’n Span wat ons waardes uitleef en ons toekoms dra. Hoofseun: Hannes van der Merwe Onderhoofseun: Kian Keyser Hoofdogter: Cara Nel Onderhoofdogter: Venique Meyer Met trots stel ons die koshuis se hoofleiers vir 2026 bekend. Jong mense wat met gees, dissipline...
Eerste Theo Dörfling Aflosbyeenkoms ‘n groot sukses
Wat ’n heerlike begin! Volkskool het vanjaar met trots die heel eerste Theo Dörfling Aflosbyeenkoms aangebied – en dit was ’n reuse sukses. Die veld was gevul met energie, gees en sportmangees soos atlete van verskeie skole mekaar uitgedaag het in spannende aflositems. Volkskool het die aand afgesluit deur die trofee huis toe te neem....
‘n Bederf uit die hart uit
Vandag het die personeel ’n heerlike verrassing beleef toe die Leerlingraad van 2025 hulle met liefde en dankbaarheid bederf het. Dit was ’n klein gebaar, maar een wat groot uit die hart van ons Karoo-volksies gekom het. Die dag heriiner ona aan die mooi verhouding tussen leerders en personeel – ‘n ware teken van respek...
Geestelike groei
Met die einde van nog ’n skooljaar wat vinnig nader kom, het die 2026-kringleiers die afgelope naweek hul kamp saam met die belydenisgroep van die NG Gemeente Graaff-Reinet gehou. Op die kamp is 2026 se aktiwiteite deeglik beplan en saam in geloof oorweeg. Die naweek is by die pragtige Camdeboo Nasionale Park aangebied, waar verskeie...









