Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
INTERSKOLE GALA – VOLKSKOOL MAAK SKOONSKIP
Post

INTERSKOLE GALA – VOLKSKOOL MAAK SKOONSKIP

Wat ‘n snikhete dag was dit nie by die interskole swemgala nie! Ten spyte van die hitte was die binnenshuise swembad by Hoër Volkskool met opwinding en gesonde kompetisie gevul. Die kompleks was pragtig met ballonne versier en kosstalletjies het ‘n heerlike verskeidenheid lekkernye soos yskoffie, “doughnuts” en quiches, asook Engen se yskoue koeldrank en...

HVS Swemgala
Post

HVS Swemgala

Woensdag 31 Januarie 2024 het gesorg vir ‘n opwindende swemgala waar HVS se swemmers met veggees deelgeneem en ondersteun het. Verskeie rekords het gespat en tot die matrieks het met oorgawe aan die jaarlikse pret-resies deelgeneem. Kate-Lynn Kruger het aan 9 items deelgeneem en 6 van die items se rekords verbeter. Met hierdie uitsonderlike prestasie,...

Jeugweek
Post

Jeugweek

Vroeg in die skooljaar maak ons by HVS tyd om “real” te word en rustig tyd saam God te spandeer. HVS bied hierdie week ‘n Jeugweek vanaf 12 – 14 Februarie aan, wat ons geestelik bietjie gaan versterk met die hulp van uitstekende sprekers uit Pretoria en Mosselbaai. Dit is gratis en word elke aand...

Tennis
Post

Tennis

Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n bedrywige week agter die rug. Maandag 5 Februarie 2024 is kragte teen Hoërskool Cradock gemeet. In die dubbelspel en gemengde dubbelspelwedstryde oorheers Volkskool en beïndruk met hul aanskoulike en opwindende tennis. Cradock verhang die bordjies in hul guns tydens die enkelspelwedstryde van die kragmeting, met ‘n eindtelling van...

Landsdiens
Post

Landsdiens

Op Saterdag, 3 Februarie 2024, het 21 leerders van Hoër Volkskool na Cradock vir ‘n dag vol pret en avontuur, vertrek. Die VCSV en Landsdiens het saamgespan en hulle is vergesel deur me. Gené Erasmus, me. Chanté Coetzee en mnr. Tiaan Van Zyl. Eerste is die “Big Swing” aangedurf. Nadat Dwayne de Beer van Trip’n...

Gevegskuns
Post

Gevegskuns

Op 20 Januarie het die Raptors Mixed Martial Arts Klub in Graaff-Reinet, hul jaarlikse gradering gehad. Die volgende leerders het na die volgende belt gevorder: Mikha Enslin – Oranje 2 Jean van Wyngaard – Oranje 1, Lusandre Roman – Geel 2, Reaglin Maarman – Groen 1, Renaldo van der Westhuizen – Oranje 1 Gert Theron...

Erekleure en Half-erekleure
Post

Erekleure en Half-erekleure

EREKLEURE Die akademiese prestasies by HVS bereik nog ‘n hoogtepunt, met volgende leerders wat baseer op November 2023 se uitslae, kwalifiseer vir volle akademiese erekleure. Hierdie leerders vaar akademies uitstekend en wens ons elkeen alle sterkte toe vir die akademiese jaar wat voorlê. Graad 11: Akademiese Erekleure: Agter: Juan Stannard, Xander Keyser, Freddie van der...

Akademiese Top 5
Post

Akademiese Top 5

GRAAD 11: NOVEMBER 2023 Hoër Volkskool kondig met trots die volgende leerders aan, wat na afloop van die November 2023-eksamen in die Top 5 op die akademiese ranglys pronk: FOTO VLNR Christiaan Prinsloo (derde), Juan Stannard (vierde), Attie Blignaut (eerste), Xander Keyser (tweede) en Emma van Gent (vyfde) GRAAD 10: NOVEMBER 2023 Hoër Volkskool kondig...

ATKV-Jeugtak se nuwe bestuur
Post

ATKV-Jeugtak se nuwe bestuur

Dit is met groot opgewondenheid dat HVS se ATKV-Jeugtak die volgende leerders aankondig, wat tot die ATKV-bestuur vir 2024 verkies is. Hulle beplan al reeds ‘n hele paar opwindende projekte vir die jaar. Die komitee gaan op die ATKV se doelwitte om Afrikaans as Moedertaal te bevorder, voortbou. Foto: Agter: Bianca Swart, Jozelle Calitz (onder-voorsitter),...

Atletiek
Post

Atletiek

Hoër Volkskool het op Woensdag, 24 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Ondanks die karooson wat vir hoë temperature gesorg het, het dit geensins die Volksie-atlete terug gehou nie. Deelname aan dié geleentheid was ‘n rekord opsig self. Dit het met goeie gees en uitstekende prestasies gepaard gegaan, wat van die dag ‘n belewenis gemaak...