Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Netbal
Post

Netbal

Die eerste netbalspan is amptelik aangekondig en hulle eeufees sportklere is aan hulle oorhandig. Dit het tydens ‘n heerlike geselligheid saam met hulle ouers plaasgevind. Mag julle ‘n goeie sportjaar beleef.

Perdry
Post

Perdry

Tiaan Fourie het verlede naweek aan die perdeskou op Tarkastad deelgeneem. Hy het die volgende plasings in die saalperdafdeling behaal: 1ste: Driegang parkperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Vyfgang plesierperd, ruiters 18 jaar en onder 1ste: Driegang ruiterkuns, ruiters 18 jaar en onderTiaan is ook aangewys as die Vyfgang Plesierperd Kampioen. Baie geluk, Tiaan.

Portuurleiers verkies
Post

Portuurleiers verkies

Bloedskenkgeleenthede is een van die hoogtepunte by Hoër Volkskool. Ons bied elke kwartaal hierdie geleentheid aan ons leerders om ontbaatsugtig van hulself te gee. Om hierdie geleentheid glad te laat verloop, verg dit baie goeie beplanning. Daarom kies ons elke jaar ‘n paar leerders wat as portuurleiers optree. Sodoende kan ons seker maak dat elkeen...

Tennis
Post

Tennis

Petrie van der Merwe (o.19 A-span) en Louwen Wolfaardt (o.15 B-span) neem hierdie naweek in Pretoria aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi vir SA Skole deel. Ons wens julle baie sterkte toe vir julle deelname!

Atletiek
Post

Atletiek

Lliam van Heerden (graad 12) neem vandag in Germiston aan die o.19 driesprong tydens die SA Atletiekbyeenkoms deel. Baie sterkte, Lliam.

Swem
Post

Swem

Izak Hattingh (graad 12), neem hierdie naweek aan die SA Vlak 3 Kampioenskappe te Port Elizabeth deel. Izak het goeie tye aangeteken tydens die interskole- en karoogala en selfs nuwe rekords opgestel. Baie sterkte vir die naweek, Izak!

Gill Sportfees – Sportuitslae
Post

Gill Sportfees – Sportuitslae

Hoër Volkskool se rugby-, hokkie- en netbalspanne het die afgelope naweek aan die Gill-Sportfees te Somerset Oos  deelgeneem.   Dit was regtig ‘n baie lekker dag en ons spelers het hul baie goed van hul taak gekwyt. Uitslae is as volg: Tweede hokkiespan: Speel teen Hoërskool Burgersdorp se eerste span:   0 – 3 Victoria Girls High...

Tennis
Post

Tennis

Petrie van der Merwe is Hoër Volkskool se tennis-fanatikus! As iemand na Petrie soek, kan jy maar verseker weet om instruksies tot by die skool se tennisbane te gee. Jy sal hom daar aantref – besig om, enigeen wat ‘n behoefte aan ekstra oefening het, ‘n bietjie rond te jaag met sy puik terughou plasings...

Atletiek
Post

Atletiek

Die volgende atlete het wonderlik presteer in die afgelope atletiekseisoen. Hierdie vyf het deurgedring na die Oos-Kaap Kampioenskappe te Port Elizabeth en het die volgende plekke behaal: Ben-Lee Jooste: behaal ‘n algehele vyfde plek in seuns o.15 hoogspring met ‘n persoonlike beste van 1,5 meter. Valentino Johannes behaal ‘n algehele vyfde plek in die seuns...

HVS Hokkie
Post

HVS Hokkie

HVS se eerste hokkiespan het Sondag, 6 Maart 2022, aan die Spar Hokkietoernooi te Grahamstad, deelgeneem. Hulle het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Brandwag gespeel en 8 – 1 gewen. Hulle tweede wedstryd was teen Kingswood High en het 0 – 2 verloor. Hulle moes uitspeel vir die derde en vierde plek en het teen...