Daar is ‘n groot oplewing in Landsdiens se deelname sedert die verligting van die streng Covid-19 regulasies en die ledetal het weer 50 lede oorskry. Ingeskrewe lede het die geleentheid gehad om die bestuur te verkies en die volgende lede is verkies om die graad te verteenwoordig: Graad 8: Inké Ferreira en Johan Jansen Graad...
Category: Nuusberigte
Karoogala aangebied deur HVS
22 Februarie het die jaarlikse Karoogala weer na Covid hervat. Die skole wat aan die Hoërskole-kompetisie deelgeneem het, was Hoër Volkskool, Union High, Cradock Hoërskool, Gill College en Marlow. Die totale punte was: Meisies: 1 Union High 190 2 Hoër Volkskool 168 3 Gill College 17 4 Hoërskool Cradock 15 Seuns: 1 Hoër Volkskool 224...
Boogskiet
Die skuts van Hoër Volkskool het die naweek deelgeneem aan ‘n boogskiet-kompetisie, wat deur Hoër Volkskool aangebied is. Ons skuts het baie goed gevaar. Die uitslae was as volg: Bullseye Dogters: Goud:Annelie Pieterse, Silwer: Zulaine Moster, Brons: Anna-May Hayes Seuns: Goud: Freddei van der Mescht, Brons: MAthys Oberholzer. 3D-afdeling: Dogters: Goud: Annelie Pieterse, Silwer: Anna-May...
Erekleure
Die volgende twee leerlinge het gekwalifiseer vir erekleure vir hul prestasies in hul onderskeie dissiplines: Tiaan Fourie: Hy het die OP span verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskapp in Somerset-Oos. Hier het hy gevorder tot by die finale rondte. Johndre Ludick: Hy is gekies vir die OP 0.19 gholfspan wat in Kimberley gespeel het....
Visvang
Nico Coetzee het vroeer vanjaar deelgeneem aan die Nasionale Varswater Hengelkompetisie en het die President A Juniorspan verteenwoordig. Die kompeitise het in Bloemhof plaasgevind.
Junior Leerlingraad
Die volgende gr 8 leerlinge is verkies tot die leerlingraad vir 2022: Alice du Toit, Hannes van der Merwe, Louwen Wolfaardt en Tiana Theron.
Krieket
HVS se o.15-krieketspan het gister teen Gill College te Somerset Oos ‘n krieketwedstryd gespeel. Ons span het die wedstryd met tien paaltjies gewen. Martyn van der Walt is as die beste bouler en Louwen Wolfaardt as die beste kolwer vir die dag aangewys. Foto: Mia van Eeden
Tweekamp
Twee van Hoër Volkskool se atlete het op 5 Februarie 2022 aan die HIGHGATE Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms deelgeneem. Daar was 435 atlete van 7 provinsies wat aan die byeenkoms deelgeneem het.Hannes van der Merwe het die OP span in die seuns o.15-afdeling verteenwoordig en agste geëindig. Marlien Crewe-Brown het die OP span in die dogters o.19-afdeling...
Tennis vs Hoërskool Cradock
Die eerste tennisspan van Hoër Volkskool het op 14 Februarie 2022 teen die span van Hoërskool Cradock kragte gemeet. Die uitslag is beslis deur dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde.Hoër Volkskool se top spelers, Petrie van der Merwe en sy dubbelmaat, Marco Jooste, het ‘n uitstekede vertoning gelewer en hul opponente oortuigend geklop met ‘n telling...
Oos-Kaap Tennis
Gereelde deelname aan geakkrediteerde tennistoernooie en deelname aan proewe vereis baie ure op die pad en op tennisbane in die uithoeke van Suid-Afrika. Hierdie opoffering en uitleef van talent, het aan Petrie van der Merwe en Louwen Wolfaardt ‘n plek in die Oos-Kaap tennisspan verseker. Petrie (o.19 A-span) en Louwen (o.15 B-span) neem op 18...









