Uit die Trui van 1965 tot Vandag: ‘n Rugby-erfenis. Die klasmaats van die 1965-matriekklas het vanjaar hul 60-jaar reünie gevier. Die rugbykaptein van daardie jaar was deel van die groep. Vrydagaand, 15 Aug, het die eerste rugbyspan die voorreg gehad om hierdie eertydse kaptein te ontmoet en met ñ stewige handdruk is hulle voorspoed toegewens....
Category: Nuusberigte
Sanlam Wow-Spelfees
Drie van ons leerders – Elgemayne Solomons, Kayden Job en Chaendré Damons – het hulle taalvernuf gewys en deurgedring na die Provinsiale uitdunne wat op 30 Augustus by Hoërskool Cillié in Port Elizabeth plaasgevind het.Alhoewel geen van hulle vanjaar tot die finale rondte deurgedring het nie, het hulle met groot ywer, trots en waardigheid deelgeneem....
Blink uitslae by Camdeboo Eisteddfod
Van kontemporêre dans tot klassieke ballet, van poësie tot klaviersolo ’s – ons leerders het nie net vaardigheid nie, maar ook hart en kultuur in elke prestasie gebring. 🎭 Voordrag 🎹 Musiek 💃 Dans Baie geluk aan al ons leerders – julle harde werk, talent en kultuurliefde maak ons ongelooflik trots.
Nuwe leiers vir 2026
Met groot trots is die Leerlingraad vir 2026 vandag aangekondig. Hierdie groep leerders gaan in die komende jaar die leiding neem en saam bou aan ’n skoolgemeenskap waar gees, samewerking en trots die hartklop vorm. Die aanwysing van Volkskool se hoofseun en hoofdogter vir 2026 sal tydens ons jaarlikse prysuitdeling bekend gemaak word. Dit is...
Boer Ding dans
Ons Landbou Graad 11 seuns daag vandag Langenhoven Gimnasium uit om die Boer Ding te dans! Kan julle die ritme en gees opneem en die uitdaging volg? Kom wys ons julle moves – die Boer Ding wag!
ATKV en Landsdiens bring vreugde by Huis van der Graaff
Ons ATKV- en Landsdiens lede het vandag vir groot opwinding by Huis van der Graaff gesorg toe hulle saam met die inwoners ’n heerlike BINGO-sessie gespeel het. Die atmosfeer was vrolik en gesellig – elke nommer wat uitgeroep is, is met afwagting gevolg en daar was groot vreugde wanneer iemand ’n wen lyn voltooi het....
Swellendam SuperSpar Tennis
Verlede Donderdag het Volkskool se top vier seuns en dogters tennisspelers koers gekies na Swellendam vir die jaarlikse Superspar Tennistoernooi. Die spelers het hul staal gewys teen skole soos Swellendam, Drostdy, Langenhoven, Montagu, Bredasdorp, Worcester Gim en Vredendal. Daar was groot hoogtepunte: Louwen Wolfaardt en AW Lamprecht was onoorwonne in hul enkels, met AW wat...
Karnaval
Volkskool is trots gasheer van die Fun4U Fun Fair! 🎠Die Fun4u FunFair kom weer na Graaff-Reinet, maar hierdie keer op Hoër Volkskool se skoolgronde! Ons is trots om gasheer te wees vir hierdie kleurvolle karnaval op 12 en 13 September 2025. Dis ’n naweek wat beloof om vol lag, gees en gesinsplesier te wees: van...
Gideon Scheepers Staproete
Ons Volksies het die pragtige Gideon Scheepers Trail, ’n 3 km roete net buite die dorp, gaan verken. Hierdie uitstappie het nie net vir heerlike saamwees gesorg nie, maar ons ook herinner aan die belangrikheid van natuur en omgewing.’n Waardige koppelvlak met Landsdiens en die ATKV. Tussen al die uitreike is dit kosbaar om soms...
Strale van goud by die Camdeboo Eisteddfod
Tussen 20 en 22 Augustus het ons Volkskool-leerders by die Camdeboo Eisteddfod gewys dat talent en harde werk hand aan hand loop. Hulle het met trots die verhoog en kunsvloer betree en pragtige resultate behaal: Kuns – Karli van Rooyen – Goud – Mikha Enslin – Goud Voordrag & Drama – Jean van Wyngaard –...









