Marlien Crewe-Brown en Izak Hattingh het die afgelope vakansie aan ‘n A-groep gala te Port-Elizabeth deelgeneem. Beide leerders het aan die ope-afdeling deelgeneem en goed gevaar. Marlien het twee brons medaljes verower deur derde in die 200m borsslag en die 50m borsslag te eindig. Sy was ook vierde in die 100m borsslag en sesde in...
Category: Nuusberigte
Matrieks 2021
Vrydag die 21ste Januarie het gesorg vir groot opgewondenheid met die bekendstelling van die Matriek 2021 finale uitslae. Hoër Volkskool Graaff-Reinet spog met 38 Vak A’s, 65% leerders wat kwalifiseer vir Baccalaureus grade en 28% leerders wat kwalifiseer vir Diplomas. Ons algehele slaagsyfer is 98.3% Ons Top 10: BAIE GELUK aan al die matrikulante van...
Nasionale Jeugweek
Die Departement van Onderwys bied elke jaar ‘n jeugkamp aan en kies slegs ‘n paar skole om daaraan deel te neem. Ag van Hoër Volkskool se leerders het verlede week die voorreg gehad om vanjaar se jeugkamp te Jeffreysbaai by te woon. Venonique de Pearce vertel: Die jeugkamp het van 4 tot 10 Desember 2021...
Opwindende nuus
Volkskool het 2 splinternuwe bussies oppad te danke aan ‘n ongelooflike borg. Dit bring die totaal van ons mini-busse na 4 wat ons in staat stel om busdienste aan koshuiskinders van omliggende dorpe te voorsien.
Kranslegging by St James Kerk
Op Sondag 14 November 2021, het die St James Kerk te Graaff-Reinet ‘n diens gehou ter herinnering aan soldate wat in die wêreldoorloë gesterf het. Hoër Volkskool se hoofleiers, Ruan Deysel en Chloé Stannard het die kranslegging by die St James Kerk bygewoon.
VCSV UITREIK: “Volksies-gee-om”
Meneer en Mevrou Gorden en Wendy Stewart het ‘n nie winsgewende organisasie, genaamd “SonShine Care Group” wat daarop gemik is om na die behoeftes van kinders om te sien. Hulle help nie net kos en klere versprei in die gemeenskap van Aberdeen nie, maar maak dit ook moontlik vir ‘n paar leerders om in Hoër...
Prysuitdeling
Hoër Volkskool het verlede Donderdag, 21 Oktober, ons jaarlikse prysuitdeling aangebied. Dit was die eerste keer in twee jaar wat ons ‘n relatiewe normale prysuitdeling kon hou. Leerders het gedurende die jaar baie hard gewerk om hierdie top toekennings te behaal. Die hoofleiers van die skool is aangewys en die leerlingraad en Huiskomitee van die...
2022 Hoofleiers
Leerlingraad 2022 Hoofleiers: van Links na regs: Robyn Koetaan (onderhoofmeisie), Chloe Stannard (Hoofmeisie) Ruan Deysel (Hoofseun) en GP Borcherds (Onderhoofseun)
Huis Komitee
Huis Cronje se Huis Komitee – Hoof en onderhoofleiers Inke van der Merwe (onderhoofdogter), Elize de Jager (Hoofdogter) Lliam van Heerden (Hoofseun) en Casper Erasmus (onderhoofseun)
NAGAFLOS & STEAK-AAND
In aanloop tot ons Eeufeesvieringe in 2022 bied die Volkskool Eeufeeskomitee met trots ‘n NAGAFLOS EN STEAK-AAND aan.Inskrywingsfooie is vir spanne van 2 tot 5 deelnemers en die volgende kategorieë is beskikbaar; Gr 1 – 6 | 2km – R100 Ope | 5km – R250 Ope | 10km – R400 REGISTRASIE begin om 17:00 en die...









