Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Akademiese Top 10
Post

Akademiese Top 10

Na afloop van die eindeksamen in 2019, is daar by ‘n toekenningsaalbyeenkoms die top 10 akademiese presteerders aangekondig. Hierdie leerlinge werk baie hard en ons beloon graag ons harde werkers. Die volgende leerlinge is aangewys as die nr 1 in elke graad wat hul afgelê het: Vlnr: Zenke Enslin (gr 8), Stefan Neethling (gr 10),...

SA Skole Swem
Post

SA Skole Swem

Tydens die Desember-vakansie het Llewellyn Crewe-Brown aan die SA Skole swemgala in Johannesburg deelgeneem. Daar het hy die Oos-Kaapspan verteenwoordig as die kaptein van die span, wat opsigself ‘n baie groot prestasie is. Hy het ‘n paar persoonlike beste tye behaal, en in die meeste van sy items in die top 7 geeïndig. Baie geluk!

SA Junior Skaak Kampioenskappe
Post

SA Junior Skaak Kampioenskappe

Jeffson Arends was tydens die Desember-vakansie in Johannesburg om die Chris Hani skaakspan by die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Kampioenskappe te verteenwoordig. Dit het algeheel goed gegaan met die span en Jeffson het waardevolle ondervinding by die toernooi opgedoen. Baie geluk!

HVS LEERDERS IS TOPPRESTEERDERS
Post

HVS LEERDERS IS TOPPRESTEERDERS

Terwyl klasmaats Woensdag by Volkskool bymekaar gekom het om hul uitslae te kry, het twee van die klasmaats dit misgeloop. Hulle was genooi na ‘n prysuitdeling in Oos Londen. Na afloop van die matriekeksamen is Pierre van der Merwe algeheel eerste en Caitlin du Preez tweede in die Sarah Baartmandistrik. Beide van hulle het beurse...

100% Slaagsyfer
Post

100% Slaagsyfer

Boodskap van meneer Theo Dörfling: Baie geluk aan die gr 12 klas van Volkskool met julle 100% slaagsyfer. Ons is trots op julle mooi prestasie en dankbaar vir die talente wat julle ontvang het om dit moontlik te maak. Dit is nie moontlik om so iets te bereik sonder ‘n spanpoging nie. Dankie aan die...

Kranslegging
Post

Kranslegging

Die hoofleiers van Hoër Volkskool het die herdenkingsdag, meer bekend as “Remembrance Day”, by die St. James kerk bygewoon.  Hierdie geleentheid word elke jaar herdenk om die soldate wat aan die einde van WW1 hul lewens verloor het tydens die oorlog te onthou en te vereer.  Labré Ooshuizen en Llewellyn Crewe-Brown het ‘n krans namens...

Geskenkpakkies vir “Boundless”
Post

Geskenkpakkies vir “Boundless”

Hoër Volkskool het aan die Boundless Protective Workplace geskenkpakkies vir Kersfees geskenk. Hier is almal wat pakkies ontvang saam met Labré Oosthuizen (hoofmeisie), Logan Ludick, Chloe Stannard en Tanya Nieuwoudt.  “Die lekkerste deel van die pakkies was om die mense se gesigte te sien toe ons die pakkies uitdeel,”   het Labrè gesê. Dit was ‘n...

SA Swem
Post

SA Swem

Die afgelope naweek het Llewellyn Crewe-Brown, Hoër Volkskool se stêr-swemmer, aan die Oos-Kaap Swemproewe deelgeneem te Port-Elizabeth. Hy het aan ses items deelgeneem en in al ses items goeie eerste plekke behaal. Hierdie prestasies het verseker dat hy in die Oos-Kaap Swemspan opgeneem is. Hy gaan die Oos-Kaap verteenwoordig by die die Suid-Afrikaanse Somer Spele...

Hoofleiers
Post

Hoofleiers

Een van die hoogtepunte by die prysuitdeling, is die aankondiging van ons skool se hoofleiers. Vlnr: Megan Nel, onderhoofdogter,  Llewellyn Crewe-Brown, hoofseun,  Labrè Ooshuizen, hoofdogter, en  Dieter Bertram, onderhoofseun. Ons wens hierdie leiersspan alle voorspoed vir die toekoms. Die Huiskomitee van Huis Cronjè is ook  aangekondig, asook die leiers van hierdie span. Dunzual Abrahams, Nicolaas Grobler...

Prysuitdeling
Post

Prysuitdeling

Die jaarlikse prysuitdeling van Hoër Volkskool was weereens ‘n spoggeleentheid. Baie geluk aan al ons pryswenners met hul uitstaande prestasies.