Wian Vos, bekend vir sy Project David, het ‘n baie suksesvolle ‘Praise and worship’ in ons skoolsaal aangebied. Die kinders het so baie geleer en baie het opnuut hul harte vir die Here gegee. Wian het in die laaste paar kere wat hy HVS besoek het, ‘n hele paar kinders se lewens verander waar hul...
Category: Nuusberigte
UCAN
Maandagoggend het UCAN, ‘n gemeenskapsprojek wie se doel is om die jeug en ons nasie in te lig en te lei, Hoër Volkskool kom besoek. Hul hoofdoel is om dwelms van die strate af te kry en om die lewens van die wat al betrokke is by dwelms te help om die siklus te breek....
Tennis
16 van Hoër Volkskool se tennisspelers het op 23/24 Augustus aan die Marco Wasserman Tennistoernooi in Middelburg deelgeneem. Elke span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters wat aan dubbel- en gemengde dubbelspel wedstryde deelneem. Die HVS eerste span behaal oorwinnings oor Hoërskool De Aar (44-28), Union High (41 – 31) Hoërskool Middelburg (39 –...
Senior Leerlingraad
Hier is die Senior Leerlingraad vir die termyn 2019/2020. Mnr Theo Dörfling, Juryna Fourie, Reinier Swanepoel, Jaco van Loggerenberg, Jean-Louis du Plessis, Llewellyn Crewe-Brown, Dieter Bertram, Emile Bosch en Megan Nel. Voor: Wadey Minnaar, Casey du Toit, Astrid Langeveldt, Alwyn van der Merwe, Ruben van der Merwe, Logan Ludick, Mia du Plessis en Labre Oosthuizen....
Junior Leerlingraad
Hoër Volkskool het die leerlingraad vir die termyn 2019/2020 aangekondig. ons is baie trots op ons jong leiers! Op hierdie foto verskyn die Junior Leerlingraad, saam met Mnr Theo Dörfling, die skoolhoof. Ruan Deysel, Lliam van Heerden, Johandre Groenewald en Tanya Nieuwoudt. Voor: Ceano Everson, Zenke Enslin, Melandrè Kombani en Chloe Stannard.
Kultuuraand
‘n Besondere kultuuraand met ‘n ryke verskeidenheid is deur Hoër- en Laer Volkskool op 21 Augustus 2019 aangebied. Daar was oomblikke van lag afgewissel met ernstige oomblikke op die verhoog. Die gehoor het die geleentheid gekry om die talent van die leerders te bewonder en geniet. Die aand het afgeskop met ‘n grasieuse solo dansvertoning, ...
Muurbal
Verlede week het Hoër Volkskool teen Hoërskool Middelburg muurbal gespeel. Die wedstryde het plaasgevind in Graaff-Reinet en daar is in baie goeie gees meegeding. Hoër Volkskool se spelers het alles uitgehaal en het Middelburg verslaan met ‘n telling van 17 – 5. Hier is van die Volkskoolspelers besig om te ondersteun: Voor: Danè thiart, Injke...
Hokkie
Die o.16 A hokkiespan van HVS het ‘n baie goeie hokkieseisoen beleef. Hulle het 23 wedstryde gespeel waarvan hulle 19 gewen het. Tydens die wedstryde is 66 doele aangeteken. Die kersie op die koek was die pragtige wedstryd wat hulle teen Union High School tydens interskole gespeel het en met 2 – 0 gewen het....
Boogskiet
Tydens die Septembervakansie word daar twee groot toernooie aangebied in Boogskiet. Die eerste toernooi is ‘n Interprovinsiale toernooi wat gevolg deur ‘n interskole toernooi. Hierdie toernooie vind albei plaas in Emalalheni, Witbank Hoër Volkskool word baie goed verteenwoordig in die Oos-Kaap HOërskole B-Span met die volgende skuts wat in die span ingesluit is: Agter: Lieben...
1954 KLAS REÜNIE
Na vyf jaar het die destydse matriekklas van 1954 van Hoër Volkskool weereens byeengekom gedurende die Interskole naweek. Groot opwinding het geheers met die aankoms by hulle alma mater en die funksie Donderdagaand is terdeë geniet. Prof Christo Viljoen was ‘n gasspreker tydens die saalbyeenkoms Vrydagoggend, 9 Augustus. Vrydagaand is gesellig deurgebring met Mev Carin...









