Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Interskole 2025 – Volkskool teen Union
Post

Interskole 2025 – Volkskool teen Union

Wat ’n naweek van vasbyt en trots! Die hoërskoolspanne het gewys dat hulle nie terugstaan vir ’n uitdaging nie. Die rugby was hard en fisies, en elke hou is met gees gevat. Die hokkie was vinnig en intens – spel tot die laaste sekonde. Rugby: Hokkie: Hierdie is die tipe naweek waarvoor ons almal jaar...

Interskole Landloop
Post

Interskole Landloop

Volkskool hardloop weg met die oorwinning! 🏃‍♂️🏃‍♀️ Vir die eerste keer in jare het Landloop weer deel gevorm van Interskole – en ons Volksies het gewys dat hulle nie net terug is nie, maar sterker as ooit! Ons seuns het die eerste ses plekke losgehardloop, terwyl die meisies pragtig gevaar het met plek 2de, 3de...

Kultuur en woorde wat grense breek
Post

Kultuur en woorde wat grense breek

Vanaand het die sprekers van Hoër Volkskool die waarde van skoolgaan op die platteland in almal se harte laat voel. Mikha Enslin (Gr. 11) het tweede plek behaal deur skoletrots te beklemtoon, terwyl Anna-May Hayes (Gr. 12) grense gebreek het met haar motiverende toespraak wat brûe binne die gemeenskap gebou het. Die vasvrae was intens...

Interskole Tennis
Post

Interskole Tennis

Vandag het Volkskool se eerste en tweede tennis-spanne hulle Interskole-wedstryde teen Union gespeel. Ons spelers het alles gegee op die bane, en die dag was vol opwinding en sterk kompetisie. In die seuns-dubbels het die eerstespan ‘n sterk oorwinning van 7-2 behaal, terwyl die 2de span met ‘n nou telling van 4-5 verloor het. In...

Skaakmat, Interskole
Post

Skaakmat, Interskole

Vanaand het ons seuns én meisies die borde oorheers en met koel koppe, slim planne en vinnige skuiwe gewen. Uitslag: 15 – 13 vir Volkskool! Baie geluk aan elke speler wat tot die laaste skuif gebly het.

Vroue gee aan vroue
Post

Vroue gee aan vroue

Tydens Vrydag, 8 Augustus se Vroue-tee by Huis Cronjé het elke vrou ‘n kombers of serp vir liefdadigheid saam gebring.Mev. Marichen Nel het namens Huis Cronjé twee mandjies vol komberse en serpe aan Khomanani Victim Support Centre oorhandig. Dankie vir die goeie werk wat julle vir ander vroue doen! Ons hoop hierdie donasie kan ‘n...

Toneelfees
Post

Toneelfees

Dit is genoeg vir nou ‘n Boodskap wat saak maak. Hoër Volkskool se dramagroep het onlangs aan die Logan Toneelfees in Fraserburg deelgeneem met ’n kragtige produksie van Weerstandsteater.Die stuk het aktuele temas soos plaasmoorde, aborsie, ouerdruk en boeliery op indrukwekkende wyse aangeraak en het diep by die gehoor gereson. 🌟 ’n Spesiale gelukwensing aan...

Parkeerplek vir Interskole naweek
Post

Parkeerplek vir Interskole naweek

Interskole is om die draai, en ons maak dit maklik vir jou om veilig en gerieflik te parkeer. Volkskool bied verskeie parkeeropsies vir besoekers aan – daar is iets wat by elkeen se behoefte pas. Beplan vooruit, verseker jou plek en fokus op wat saak maak – die gees, die sport en die saamwees!

Sluit Interskole in ware Volksie-styl af!
Post

Sluit Interskole in ware Volksie-styl af!

Na ‘n week vol sport en gees, sluit ons Interskole behoorlik af met ’n aand wat jy nie wil mis nie! 🍽️ Kom honger! Daar wag heerlike kosstalletjies met iets vir elke smaak. 💃 Bring daai dansskoene! Die langarm-dansbaan gaan klop onder jou voete. 🎟️ Toegang: R100 per voertuig By aankoms ontvang jy ‘n parkeerkaartjie...