Die Graad 11 Besigheidstudies klas het laas week Donderdag vir Montego besoek. Die klas het meer geleer oor die Sekondêre sektor en bestuur van die besigheid. Die leerders was veral beïndruk met hoe so groot maatskappy familie waardes inkorporeer. Die klas bedank vir oom Wilfred van der Merwe vir sy uitstekende toer en les oor...
Category: Nuusberigte
Debatfees tydens Woordfees te Stellenbosch
12 leerders van Hoër Volskool het op 10 Maart 2018 deelgeneem aan die Debatfees tydens die Woordfees op Stellenbosch. Die vier spanne van drie leerders elk is ingedeel in die Harde Koejawels en Ou Hande – kategorieë. Hoër Volkskool het teen spanne van Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Belville, Paul Roos, Paarl Gim, Jan van Riebeeck,...
Oos-Kaap Hoërskole Atletiek
Die room van Oos Kaap se Hoërskool atlete het van 6 tot 9 Maart 2018 op NMU se baan in Port Elizabeth meegeding. Baie goeie prestasies is gelewer wat goeie uitslae vir die provinsie voorspel by die SA Hoërskole Kampioenskappe in Potchefstroom. Shirwen van Staden, spogatleet van Hoër Volkskool, was een van die uitblinkers van...
Landsdiens is lekker!
Vrydag 2 Maart 2018 het ‘n vrolike groep Hoër Volkskool Landsdieners na Skietfontein vertrek op die jaarlikse takkamp. Landsdiens staan stewig op vier pilare, nl. Liefde vir God, medemens, arbeid en die natuur. Tydens kampe word tyd ingeruim vir aktiwiteite rondom elk van hierdie pilare. Gewapen met grawe, pikke en ‘n koevoet of twee is...
KarooGala – HVS
Verlede week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala aangebied by ons swembad. Die opkoms was baie groot, mense het gery van so ver as Fort Beaufort om aan hierdie gala deel te neem. Skole wat meegeding het om die trofee was Union Schools, Volkskole, Cradock Hoër en Laerskool, Gill Primary en Gill College, Hoër Landbouskool...
Sarah Baartman Atletiek
Die beste Hoërskoolatlete van die Sarah Baartman Mega Distrik het op die Westbourne Ovaal kragte gemeet. Mooi weer het in die middag plek gemaak vir ‘n donderstorm wat die byeenkoms vir ‘n halfuur tot stilstand gebring het. Twintig atlete van Hoër Volkskool het deelgeneem en die volgende mooi prestasies behaal: Annelie Viljoen 1ste diskus D/14...
Interskole swem
Verlede week het Union Schools die jaarlikse Interskole tussen die Volkskole en Union aangebied by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad. Die gala is baie goed ondersteun deur groot getalle deelname, baie ouers en ander ondersteuners wat bygedra het tot diè suksesvolle byeenkoms. Marlien Crewe-Brown en haar boetie, Llewellyn, albei swemmers van Hoër Volkskool, het twee...
Tennistoernooi – Bredasdorp
Hoër Volkskool se tennisspelers het weer hierdie jaar aan die Tennis-vir-Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem. Die eerste rondte het hul wedstryde in hul groep gespeel, waar hul vir Hoerskool Dirkie Uys 23 -22 gewen het, en vir Auxburg Landbouskool 35-10 gewen het. Met al die punte wat hul bymekaar gemaak het, het hul eerste in...
Danseksamen
Linda Lötter het deelgeneem aan die Association of International Dance Teachers se danseksamen en voltooi haar “Preliminary Junior Modern Exam’ met Lof. Linda is ‘n Graad 11 leerling aan Hoër Volkskool.
Rivermile
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool weer aan die Rivermile te Cannonville deelgeneem. Hierdie jaar het twee onderwysers van die skool ook ingespring. Almal het baie goed gevaar, en weggestap met ‘n medalje. Llewellyn Crewe-Brown het egter baie goed gedoen. Hy het die myl in 22 minute voltooi, minder as 2 minute na die wenner....









