Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Leerlingraad – Graad 8
Post

Leerlingraad – Graad 8

Die volgende nuwe gr8 leerlinge aan Hoër Volkskool is verkies tot die leerlingraad van die skool: Adriaan Fourie, Leezay Gysman, Chloe Stannard en Ruan Deysel. Ons beste wense vergesel hulle.

Erekleure Toekennings
Post

Erekleure Toekennings

Die volgende leerlinge het na afloop van 2017 gekwalifiseer vir erekleure. Om vir erekleure te kwalifiseer moet ‘n leerling voldoen aan hoë vereistes of buitengewone goeie prestasies behaal. Foto: Agter vlnr: Pierre van der Merwe (Akademie Gr 10), Emile Blignaut (Kultuur), Lara du Plessis (Akademie Gr 11) , Stephan Lategan (Akademie Gr 11) , Maryna...

Boogskiet
Post

Boogskiet

Die eerste interskole boogskiet vir 2018 is in Uitenhage se binneshuise sport sentrum gehou. Skole van Oos-Londen, Port Alfred, Port Eleizabeth en Graaff-Reinet het in die bullseye en #D kompetisies meegeding. In die 3D het Volkskool ‘n 2de span posisie behaal met n totaal van 1254 naas HTS Daniel Pienaar met 1285. Die volgende medaljes...

OP Saalperdkampioenskappe
Post

OP Saalperdkampioenskappe

Marni van der Merwe het deelgeneem aan die Uniondale-skou. Die skou het gedien as die OP Saalperd Kampioenskappe asook die Nasionale Kaapse Boerperd-kampioenskappe. Manri het die volgende plekke behaal: Saalperd: Eerste in die 5-gang Kinderryperd 14 jaar en onder, vierde Kampioen 5-gang Kinderryperd. Boerperd: tweede in die 3-gang kinderryperd 11-18jaar, en tweede in die Kampioen...

Protea Ruiterkuns Proewe
Post

Protea Ruiterkuns Proewe

Tydens die afgelope Protea proewe neem Zilike de Jager en Zanki Botha deel vir die OP-A ruiterkuns-spanne (6 lede elk) in beide die 3- Gang en 5- Gang afdelings. Vir die eerste keer sedert 2004 wen die OP die interprovinsiale kompetisie in beide gange.  Albei hierdie ruiters ontvang dan ook goue medaljes hiervoor saam met...

Gideon Scheepers
Post

Gideon Scheepers

Belowende reënwolke het saamgepak Donderdag 18 Januarie, net soos op 18 Januarie 1902 met die teregstelling van Gideon Scheepers.  Belangstellendes uit die gemeenskap en ‘n groep leerders van Hoër Volkskool het by die herdenkingsgeleentheid van hierdie besondere militêre leier se lewe stil geword. Die skriflesing uit Psalm 91 deur Ds Johan van Vuuren het mooi...

Sottekonsert en kamp
Post

Sottekonsert en kamp

[huge_it_gallery id=”2″] Hoër Volkskool se nuwe gr 8’s het die jaar goed begin met ‘n kamp wat deur die leerlingraad by die skool aangebied is. Bu die kamp het die gr8’s geleer oor die skoolsisteme, waar alles is en daar is ken-mekaarsessies gehou sodat almal tuis kon voel wanneer hul die eerste skooldag sou aandurf....

Swem OP Kampioenskappe
Post

Swem OP Kampioenskappe

“Van die 1ste tot die 3de Desember het die top swemmers in die Oostelike Provinsie sake uitgespook in Port Elizabeth tydens die OP swem Kampioenskappe Llewellyn Crewe-Brown en sy ouer suster Lizandri Crewe-Brown het aan die ope deelgeneem. Die kompetisie was straf en het die beste uitgebring uit die twee Graaff Reinetters wat tussen hulle...

Kranslegging
Post

Kranslegging

Op die 12de November 2017 het die twee hoofleiers van Hoër Volkskool  die diens by die St James Anglican Church bygewoon saam met omtrent 50 ander mense. Die diens is gehou om hulde te bring aan die mense wat hulle lewens gegee het tydens die eerste en tweede wereldoorlog. Tydens die diens was daar n...

Volkskool / Union Atletiek
Post

Volkskool / Union Atletiek

‘n Opwindende middag se atletiek is op die spyskaart wanneer die beste atlete van Volkskool en Union mekaar op die baan aandurf.  ‘n Wind wat die hoë temperatuur afgekoel het en veral die naellopers gehelp het, het bygedra tot die sukses van die dag. Die volgende byeenkomsrekords is verbeter: Naam Skool Item Ouderdom Afstand S...