Akademie
Die skool se toegewyde onderwysers met ondervinding en die nodige kwalifikasies lê die grondslag van die skool se akademie.
Akademie by HVS
Afrikaans word as onderrigmedium gebruik.
Die voorgeskrewe vakke word in Graad 8 en 9 aangebied.
In Graad 10 tot 12 word Fisiese Wetenskap, Landbouwetenskap, Toerisme, Lewenswetenskap, Rekenaartoepassingstegnologie, Verbruikerstudies, Rekeningkunde, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Aardrykskunde as keusevakke aangebied.
Vakkeuse Graad 10 – 12
Die vakkeuse is soos volg;
Verpligte vakke
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Lewensoriëntering
Kies EEN uit elk van die volgende groepe
Groep 1: Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
Groep 2: Fisiese Wetenskap of Landbouwetenskap of Besigheidstudies of Rekenaartoepassingstegnologie (Wiskunde is verpligtend vir Fisiese Wetenskap)
Groep 3: Lewenswetenskap of Rekenaartoepassingstegnologie of Verbruikerstudies
Groep 4: Rekeningkunde of Ingenieursgrafika en –ontwerp of Toerisme







