14-03-2026 HVS vs Muir College 2026
HVS Rugby 1ste
Muir Rugby 1ste
32
19
Eerste tuiswedstryd bring goeie rugby op 'n warm Karoo-dag.
Volkskool het sy eerste tuiswedstryde van die jaar teen Muir Kollege op ’n ongelooflik warm Karoo-dag gespeel. Ten spyte van die hitte het die spanne met groot ywer en gees gespeel, en ondersteuners is beloon met ’n dag vol goeie, opwindende rugby.
Die o.14-span het dapper vasgebyt en waardevolle wedstrydervaring opgedoen in ’n taai kragmeting wat uiteindelik 5–17 geëindig het. Die o.15’s het ’n sterk vertoning gelewer en met ’n mooi 19–10 oorwinning weggestap, terwyl die o.16-span in ’n spannende wedstryd gelykop met 19–19 gespeel het.
Die tweedespan het hard gewerk en tot die einde aangehou druk, maar moes uiteindelik met 15–41 die knie buig. Die eerstespan het egter die tuisskare beloon met ’n oortuigende vertoning en ’n goeie 32–19 oorwinning.
Dit was 'n dag van mooi rugby, deursettingsvermoeë en spanwerk - 'n lekker begin vir die seisoen op ons tuisgrond.
Uitslae
Uitslae
- 0.14 verloor 5-17
- 0.15 wen 19-10
- 0.16 speel gelykop 19-19
- Tweedespan verloor 15-41
- Eerstespan wen 32 -19