Baie geluk aan Kate-Lynn Kruger, wat tydens die PEA Swemklub se einde-van-die-seisoen-prysuitdeling, wat op Vrydag, 17 Julie in Gqeberha plaasgevind het, met die NMBA Championship-trofee vir die 200 m borsslag bekroon is.
Kate-Lynn se uitstekende prestasies deur die seisoen word ook weerspieël in haar nasionale ranglys:
Sesde in die 200 m Borsslag
Agtste in die 100 m Borsslag
Tweelfde in die 200 m Rugslag
Vyftiende in die 200 m Individuele Wisselslag
Ons is ongelooflik trost op jou harde werk, toewyding en jou uitstekende prestasies in die swembad.
