Izienne Pienaar het vanaf 28 Junie tot 2 Julie aan die All Ages-Netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem as lid van die Iqhude-groep.
Gedurende die toernooi het haar span vyf wedstryde gespeel.
Izienne is twee keer as Speler van die Wedstryd aangewys – ‘n besondere prestasie wat getuig van haar harde werk en toewyding op die baan.
Van die uitslae was:
- Wen 27–12 teen KwaZulu-Natal (KZN)
- Verloor 27–9 teen Mopani
Izienne beskryf die toernooi as ‘n groot uitdaging waar sy baie geleer en waardevolle ervaring opgedoen het.
Baie geluk, Izienne! Volkskool is trots op jou prestasie en wens jou alle sterkte toe met die pad vorentoe.
