Netbal

Netbal

Hoër Volkskool is trots op Ilze Voster, wat gedurende die vakansie aan die Telkom Netball Cup in Boksburg deelgeneem het. Die toernooi is by Hoërskool Dr. E.G. Jansen aangebied en het van die land se beste jong netbalspelers bymekaar gebring.
Ilze het Volkskool met trots as lid van die Ikhala (Oos-Kaap)-span verteenwoordig. Sy het ook as medekaptein, saam met Chriske van Zyl, die span gelei – ‘n besondere eer en bewys van haar leierskap op en langs die baan.
Die span het deur die loop van die toernooi verskeie wedstryde gespeel. Onder hul hoogtepunte was ‘n 47–30-oorwinning oor die Rubies, terwyl hulle in ‘n taai wedstryd met 33–27 teen die Cheetas vasgeval het.

Baie geluk, Ilze! Jou harde werk, deursettingsvermoë en leierskap maak die Volkskool-gemeenskap ongelooflik trots.