Vroeër vanjaar het Volkskool en die Graaff-Reinet Kankervereniging hande gevat met ’n rolbaldag en lootjiesinsameling om ’n verskil te maak in die lewens van mense wat deur kanker geraak word.
Die bedrag wat tydens die dag ingesamel is, is nou aan die Kankervereniging oorhandig. Ons is dankbaar dat ons, met die ondersteuning van ons gemeenskap, iets kon teruggee en ’n bydrae kon lewer tot die belangrike werk wat hulle doen.
Kanker is ‘n pad wat niemand alleen behoort te stap nie. Indien jy bewus is van iemand wat deur hierdie pad gaan en ondersteuning nodig het, kan jy gerus met die Kankervereniging se verteenwoordigers kontak maak:
Christa Larson – Voorsitter (082 578 3379)
Paula Zandberg – Ondervoorsitter (082 367 3122)
Hannetjie Pieterse – Verantwoordelik vir pasiënte (082 556 7647)
Baie dankie aan elkeen wat die rolbaldag ondersteun, lootjies gekoop en bygedra het.
Wat begin het as ‘n dag van sport en saamkuiers, het uiteindelik iets veel groter geword – ‘n geleentheid om hoop te gee en ondersteuning te bied.
