Author: admin

Home / admin
Atletiek-krulle
Post

Atletiek-krulle

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die Oos-Kaapbyeenkoms deelgeneem het en ‘n krultoekenning vir hul puik prestasies verdien het:Tristan Lodewyk – 400mJarrod Gerber – 800m én 1500mVincent Pienaar (afwesig op die dag) – 100mOns is trots op julle almal! Hou aan hard werk – julle maak ons trots!

ATKV Redenaars
Post

ATKV Redenaars

Hierdie 7 raakpraters het Hoër Volkskool met trots verteenwoordig by die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie by Hoërskool Nico Malan in Humansdorp!Elke spreker het hul staal gewys en die beoordelaars het net goeie dinge gehad om te sê. Nou hou ons almal ons asem op vir die volgende 8 werksdae – dis wanneer ons...

Tarkastad Perdry
Post

Tarkastad Perdry

GROOT geluk aan Gaby Hall wat aan die Tarkastad Skou deelgeneem het en ALGEHEEL EERSTE gekom het in die 3-gang Kinderryperdklas! Hier is sy op haar pragtige perd, Gifted Looks – wat ’n span! Ons is so trots op jou, Gaby!

Die Hekkie-Tradisie by Hoër Volkskool
Post

Die Hekkie-Tradisie by Hoër Volkskool

Die Matriekklas van 2025 het ‘n splinternuwe en betekenisvolle tradisie by Hoër Volkskool van stapel gestuur: die oprigting van ’n simboliese hekkie wat die begin en einde van elke leerling se skoolloopbaan verteenwoordig. Gisteroggend het die Graad 8-leerders aan ‘n spesiale saalseremonie deelgeneem, waar hulle ‘n belofte afgelê het. In ‘n besonderse oomblik het elke...

Erekleure vir uitmuntende prestasie
Post

Erekleure vir uitmuntende prestasie

Ons is trots om aan te kondig dat die volgende leerders aan nasionale byeenkomste deelgeneem het in hul onderskeie sportdissiplines en vanweë hul uitstekende prestasie elk ’n erekleure toekenning ontvang: Links: AW Lambrechts – AtletiekRegs: Rudolph-Hein van Eeden – Tweekamp Baie geluk met julle uitsonderlike prestasies en toewyding. Julle dra Volkskool se naam met trots!

Mnr. en Mej. Volkskool 2025
Post

Mnr. en Mej. Volkskool 2025

’n Elegante aand wat ons skoolgemeenskap weer saamgebring het en leerders die geleentheid gegee het om buite hul gemaksones te groei en te skitter. Baie geluk aan ons wenners van 2025:Mnr. Volkskool: Rikus Kleyn (Graad 12)Mej. Volkskool: Carla van Tonder (Graad 12)Eerste Prins: Chris de Wet (Graad 12)Eerste Prinses: Saré Viljoen (Graad 12)Tweede Prins: Hannes...

Verbruikersafdeling spog met nuwe voorskote:
Post

Verbruikersafdeling spog met nuwe voorskote:

Ons Verbruikersleerlinge is baie opgewonde oor hul pragtige nuwe voorskote en sien uit daarna om nou in styl te kook! ‘n Groot dankie aan Tooiselvere en mev. Elba Laufs vir hul ruim borgskap van hierdie wonderlike voorskote. Hier by Volkskool is dit beslis lekker!

SUID AFRIKAANSE VLAK 2 GALA
Post

SUID AFRIKAANSE VLAK 2 GALA

Joan Harrison Swembad, Oos-Londen (28–30 Maart 2025) Tydens die afgelope vakansie het Charl Conradie en Chris de Wet deelgeneem aan die SA Vlak 2 Gala by die Joan Harrison Pool in Oos-Londen. Die gala het spanne van 40 swemklubs van die Wes-Kaap en Oos-Kaap verwelkom. Destiny Swim Club, onder leiding van afrigter Izak Hattingh, het...