Author: admin

Home / admin
Uithourit
Post

Uithourit

Lehan de Beer oorwin 80km uithourit en voltooi “Novice”-afdeling. Op Saterdag, 22 Februarie, het Hoër Volkskool se graad 11-leerder, Lehan De Beer, weereens sy deursettingsvermoë en vaardigheid ten toon gestel, toe hy aan ‘n veeleisende uithourit deelgeneem het. Lehan het die 80 kilometer roete, wat op die Waterlea-plaas in die Hofmeyr-distrik gehou is, suksesvol voltooi....

Tennis
Post

Tennis

Hoër Volkskool se tennisspanne het op 24 Februarie 2025 teen Hoërskool Middelburg op ons bane meegeding. Die seuns het teen tyd gespeel en moes soveel as moontlik punte in die toegelate tyd opstapel. Vier enkelspel en een dubbelspel wedstryd is beslis en HSV wen 3 – 2.Die dogters het daarna in enkelspel wedstryde meegeding en...

Graad 10 Landbou Uitstappie
Post

Graad 10 Landbou Uitstappie

Die Landbouwetenskap se graad 10-leerders het die Camdeboo Privaat Natuurreservaat besoek, waar hulle hartlik ontvang is. Baanbreker herlewing- en bewaringspesialis, Johan Bouwer, het die leerders aan sy lippe laat hang, tydens die interaktiewe opleidingsessie in veldrehabilitasie en veldbestuur. Sarah Cromhout, ook ‘n spesialis in veldrehabilitasie, het die leerders in die reservaat uitgeneem en gewys hoe...

Krieket
Post

Krieket

Hoër Volkskool se o.15 krieketspan het in ‘n tuiswedstryd teen Hoër Landbouskool Marlow se juniorspan gespeel.

SUKSESVOLLE DRIEËDRUKDAG VIR HVS
Post

SUKSESVOLLE DRIEËDRUKDAG VIR HVS

Hoër Volkskool se jaarlikse drieëdrukdag het op Vrydag, 21 Februarie 2025 plaasgevind en was ‘n reuse sukses. Die skool se rugbyspanne het puik vertonings teen Spandau Secondary School, Asherville Secondary School en Muir College Boys’ High School, Kariega gelewer. Die o.14A- en o.15A-spanne het albei hul twee wedstryde teen Spandau en Asherville gewen. Die o.16-span...

Tweekamp
Post

Tweekamp

Rudolph-Hein van Eeden het op 23 Februarie aan die OP Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in beide die swem en hardloop persoonlike beste tye vir die seisoen aangeteken en het algeheel vierde geëindig. Na afloop van die OP Kampioenskappe is die OP-span vir die SA Kampioenskappe aangekondig. Rudolph-Hein is in hierdie span vir seuns o.19...

Sarah Baartman Atletiek
Post

Sarah Baartman Atletiek

Die Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms het op 14 Februarie 2025 in Port Elizabeth plaasgevind en Hoër Volkskool se atlete het weereens puik prestasies behaal.Prestasie van die atlete: Gekose atlete vir die OP-Kampioenskappe in Queenstown (13-15 Maart): Baie sterkte aan hierdie atlete met hul deelname aan die OP-Kampioenskappe! Mag hulle voortgaan om hul skool met trots te...

Karoogala
Post

Karoogala

Die afgelope week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala op tuisbodem aangebied. Tydens die byeenkoms in die swembadkompleks, was die gees baie opwindend, met verskillende skole wat in taai stryd gewikkel was! Hoër Volkskool het baie goed in die gala gevaar. Die uitsale is as volg: Dogters:Derde plek: Gill College: 92 punteTweede plek: Union High...

Volksies vier Valentynsdag
Post

Volksies vier Valentynsdag

Die graad 11’s het op Donderdagaand, 13 Februarie, die liefdesvlamme by Hoër Volkskool hoog laat brand deur ñ sokkie ter viering van Valentynsdag aan te bied. Dit was ñ graad 11-fondsinsameling vir die matriekafskeid wat later vanjaar deur hulle aangebied word. Dit was ñ heerlike aand en leerders het dit in groot getalle bygewoon. HVS...