Author: admin

Home / admin
Perdry
Post

Perdry

Suid-Afrika is die gasheer vir die “Saddle Seat” Wêreldbeker wat eerskomende Donderdag en Vrydag te Parys, Vrystaat aangebied word. HVS se leerder, Tiaan Fourie, is ingesluit in die SA Saddle Seat Vyfgangruiterkunsspan wat aan die kompetisie deelneem. Tiaan se afrigter, Sumeri Botha, is die afrigter van die Nasionale Ruiterkunsspan vir die kompetisie. Skakel na die...

Matrieks 2024
Post

Matrieks 2024

Baie geluk aan die matrieks wat gister klaargemaak het met matriek. Dit is ‘n reuse mylpaal en ‘n tyd om hul harde werk en toewyding te kon vier. Die gr 12 ouers het voor die skool aangetree met sjampanje en ‘n erewag gestaan vir die klas van 2024. Die matrieks het met gemengde gevoelens deurgestap,...

Tweekamp
Post

Tweekamp

Rudolph-Hein van Eeden het op 26 Oktober aan die OP Interprovinsiale Tweekamp Byeenkoms te Gqerberha deelgeneem. Eden, Grens, Suid-Vrystaat en OP het deelgeneem. Hy het algeheel 11de geëindig, maar sy swemtyd met 2 sekondes verbeter. Carla van Tonder het op 10 November, ook te Gqerberha, aan haar eerste tweekampbyeenkoms deelgeneem. Sy het ‘n baie goeie...

Swem
Post

Swem

Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger het aan die vyfde A Groep gala van die seisoen te Gqerberha deelgeneem. Dit het baie goed gegaan met die twee swemmers. Chris behaal twee tweede plekke en vier eerste plekke by die gala.  Kate-Lynn behaal een derde plek, een tweede plek en drie eerste plekke. Baie geluk! 

Alicia Louw presteer in hokkie
Post

Alicia Louw presteer in hokkie

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Alicia Louw gekies is vir die Oos-Kaap Hokkiespan wat in 2025 na Duitsland sal toer.Ons wil graag vir Alicia baie geluk se met hierdie wonderlike prestasie en glo sy sal die geleentheid met albei hande aangryp.

Netbalkursus
Post

Netbalkursus

Die afgelope twee dae het ‘n groep plaaslike afrigters ‘n NSA Netbal-afrigtingskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur Lana Krige. Lana is tans die hoofafrigter van die NMU Madibaz-span en het al groot hoogtes in Netbal Suid Afrika bereik, as speler en afrigter.  Die kursus was baie leersaam en ons sien uit na die nuwe seisoen! Baie...

Herinneringsdag
Post

Herinneringsdag

Op Sondag, 10 November het Hoër Volkskool se hoofleiers die jaarlikse Herinneringsdagdiens bygewoon. Die diens is by die St James the Great-kerk gehou. Jaarliks woon ons hoofleiers hierdie gewyde geleentheid by, om gevalle helde te herdenk. Die geleentheid herdenk die Wapenstilstanddag, wat aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, plaasgevind het. Foto: Saré...