Author: admin

Home / admin
Boer Ding dans
Post

Boer Ding dans

Ons Landbou Graad 11 seuns daag vandag Langenhoven Gimnasium uit om die Boer Ding te dans! Kan julle die ritme en gees opneem en die uitdaging volg? Kom wys ons julle moves – die Boer Ding wag!

ATKV en Landsdiens bring vreugde by Huis van der Graaff
Post

ATKV en Landsdiens bring vreugde by Huis van der Graaff

Ons ATKV- en Landsdiens lede het vandag vir groot opwinding by Huis van der Graaff gesorg toe hulle saam met die inwoners ’n heerlike BINGO-sessie gespeel het. Die atmosfeer was vrolik en gesellig – elke nommer wat uitgeroep is, is met afwagting gevolg en daar was groot vreugde wanneer iemand ’n wen lyn voltooi het....

Swellendam SuperSpar Tennis
Post

Swellendam SuperSpar Tennis

Verlede Donderdag het Volkskool se top vier seuns en dogters tennisspelers koers gekies na Swellendam vir die jaarlikse Superspar Tennistoernooi. Die spelers het hul staal gewys teen skole soos Swellendam, Drostdy, Langenhoven, Montagu, Bredasdorp, Worcester Gim en Vredendal. Daar was groot hoogtepunte: Louwen Wolfaardt en AW Lamprecht was onoorwonne in hul enkels, met AW wat...

Karnaval
Post

Karnaval

Volkskool is trots gasheer van die Fun4U Fun Fair! 🎠Die Fun4u FunFair kom weer na Graaff-Reinet, maar hierdie keer op Hoër Volkskool se skoolgronde! Ons is trots om gasheer te wees vir hierdie kleurvolle karnaval op 12 en 13 September 2025. Dis ’n naweek wat beloof om vol lag, gees en gesinsplesier te wees: van...

Gideon Scheepers Staproete
Post

Gideon Scheepers Staproete

Ons Volksies het die pragtige Gideon Scheepers Trail, ’n 3 km roete net buite die dorp, gaan verken. Hierdie uitstappie het nie net vir heerlike saamwees gesorg nie, maar ons ook herinner aan die belangrikheid van natuur en omgewing.’n Waardige koppelvlak met Landsdiens en die ATKV. Tussen al die uitreike is dit kosbaar om soms...

Strale van goud by die Camdeboo Eisteddfod
Post

Strale van goud by die Camdeboo Eisteddfod

Tussen 20 en 22 Augustus het ons Volkskool-leerders by die Camdeboo Eisteddfod gewys dat talent en harde werk hand aan hand loop. Hulle het met trots die verhoog en kunsvloer betree en pragtige resultate behaal: Kuns – Karli van Rooyen – Goud – Mikha Enslin – Goud Voordrag & Drama – Jean van Wyngaard –...

Oos-Kaap Boogskietspan
Post

Oos-Kaap Boogskietspan

Met die pyle wat reguit mik en ’n blink pad vorentoe, ontvang ons Volksies wat die Oos-Kaap Boogskietspan gehaal het, hul besondere toekennings. 📸 Op die foto verskyn:Voor: Nushaan Beyers, Danel de Koker, Karli van Rooyen, Mikha Enslin. Agter:Conrad Kleyn, Michyle Mostert, John Read, Rikus Kleyn en Gerhard Coetzee.

Diens met hart
Post

Diens met hart

Ons vier vandag die leerders wat tydens die Junie/Julie-vakansie deelgeneem het aan Landsdiens. Julle het gewys wat dit beteken om leiers te wees en die gemeenskap te dien. Elke daad van hulp en betrokkenheid maak ‘n verskil. 📸 Toekennings vir Landsdiens: bywoning van Streekskamp te Burgersdorp. Lisa du Toit, Luandre Rademan en Melanie van der...

Afrikaans 100 jaar
Post

Afrikaans 100 jaar

‘n Taal wat leef by Volkskool ✨📖 By Hoër Volkskool is Afrikaans meer as net ’n vak – dit is deel van ons storie, ons erfenis en ons identiteit. Daarom is dit vir ons ’n groot vreugde dat die twee Afrikaanse klasse onlangs opgegradeer is, juis in die jaar waarin Afrikaans sy 100ste bestaansjaar vier....