Author: admin

Home / admin
Volksies gee om – BLOEDSKENK
Post

Volksies gee om – BLOEDSKENK

Woensdag 17 April het die SANBS Hoër Volkskool besoek en leerders het die geleentheid gehad om bloed te skenk. Altesaam 36 eenhede is geskenk by hierdie belangrike geleentheid.

Verbruikerstudie
Post

Verbruikerstudie

Me. Sunet Gildenhuys en die HVS graad 12 Verbruikerstudieleerders, was baie bevoorreg om gister op ‘n uitstappie na Niblitz by Profcon Resort te gaan. Oud-Volksie, mev. Bethmaree Botha het vir hulle verduidelik en gedemonstreer hoe om met gelatien te werk en elke leerder kon help om lekker sjokolade mouse en ‘n kaaskoekie te maak en...

HVS vs Westering Uitslae
Post

HVS vs Westering Uitslae

Saterdagoggend het Hoër Volkskool se sportspanne baie vroeg vertrek vanuit Graaff-Reinet na Westering High te Gerberha. Die weersomstandighede was uitstekend vir goeie sport. Volkskool het baie goed gedoen op die dag. Die uitslae was as volg:  Sportuitslae: Netbal  0.14A verloor 6 – 22 0.15A wen 20 -11 0.16A wen 19-10 1ste wen 24-15 Hokkie 0.16B...

Erekleure – Sport
Post

Erekleure – Sport

Die volgende leerders het met hul top prestasies in somersporte uitstekend gevaar en hul erekleure verdien. Baie geluk met hierdie besondere prestasie!

Atletiek Spantoekennings
Post

Atletiek Spantoekennings

Die volgende atlete het spantoekennings ontvang vir hul deelname aan atletiek die afgelope seisoen: Danesio Matayi 0.15, Curtley Jacobs 0.17,  A.W. Lamprechts 0.14, Christiaan Swiegers 0.15, Hannes van der Merwe 0.17, Pieter Nel 0.15, Tristan Lodewyk 0.14. Voor: Veruschka Meshilinie 0.14, Mikha Enslin 0.17, Mienke Janse van Rensburg 0.17,Jani van der Merwe 0.19 en Deidre...

Swem
Post

Swem

Chris de Wet en Charl Conradie het aan die Suid-Afrikaanse Vlak 2-swemgala deelgeneem. Die gala is by die N.A. Smit swembad in Oudtshoorn aangebied.Chris het aan sewe items deelgeneem en in ses items ‘n persoonlike beste tyd behaal.Charl het ook aan sewe items deelgeneem en in ses items ‘n persoonlike beste tyd behaal.Charl wen die...

Veldfiets wedren
Post

Veldfiets wedren

Erik Swanepoel het die naweek van die 16de Maart 2024, aan die Rover Motorfietsklub se Enduro tweede rondte deelgeneem. Die rondte was baie vinnig, met n mengsel van los klippe, los grond en sand. Op sekere seksies was daar ‘n topspoed van 120-130 km/h gehaal en moes hy teen die hoë spoed met tye ‘n...

Atletiek
Post

Atletiek

Vincent Pienaar het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te Paarl deelgeneem. Hy het aan die 100m o.15-item deelgeneem en vyfde in sy uitdun geëindig. Sy tyd was 11:56 sekondes.Baie geluk Vincent!

Akademiese Top 10: Graad 8 – 12
Post

Akademiese Top 10: Graad 8 – 12

Die volgende leerders het akademies presteer in die eerste kwartaal. Die volgende plekke is behaal: Graad 12 Freddie van der Mescht (nr 7), Stephan Vosloo (nr 9), Adriaan Blignaut (nr 1), Hubert Viljoen (nr 4) en Xander Keyser (nr 2).Voor: Anya Cornelius (nr 5), Deslaine Booysen (nr 3), Emma van Gent (nr 8), Chenique Koopman...