Die volgende leerders het toekennings ontvang vir hul bydrae tot die suksesvolle swemseisoen van Hoër Volkskool: Agter: Lara Vosloo, Lua Bouwer, Elné Viljoen, A.W. Lambrechts, Jan-Theo van Tonder, Hannes van der Merwe, Kian Keyser, Ruben van der Ahee en Mark Blom. Voor: Johan Viljoen, Anya Cornelius, Jani van der Merwe, Danel de Koker, Carla van...
Author: admin
Tweekamp
Hannes van der Merwe, gr 10-leerder van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die Suid Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe te Bloemfontein, deelgeneem. Hy het die Oostelike Provinsie in die o.17-afdeling deelgeneem. Die hardloop-afdeling het by die Mangaung-stadion plaasgevind en Hannes het die 800m in ‘n van 2:15 voltooi. Daarna was die swem-afdeling by die Mangaung...
Oakdale Rugby Resultate
Baie geluk aan Volkskool met die fantastiese uitslae by die Oakdale Rugby Fees wat die naweek plaasgevind het! Ons is ongelooflik trots op julle!
Hokkie
Vandag was die laaste dag van die jaarlikse Union High School Senior Hokkietoernooi. Hoër Volkskool het die besige naweek afgesluit en teen Victoria Girls gespeel. Ons het op ‘n hoogtepunt geëindig en 3-2 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald, Anishka Luiters en Jani van der Merwe aangeteken. Die span het algeheel vyfde uit 17 spanne...
Rugby
Sondagaand het van die spelers wat aan die Klein Karoo Saadproduksierugbyweek by Landbouskool Oakdale, deelgeneem het, tydens ‘n prysuitdeling, vir hul goeie spel erkenning gekry. Zak Wolfaardt van HVS is as die nr. 7 (flank) vir die Klein Karoo Saadproduksie XV-span aangewys. Baie geluk, Zak. Volg die skakel vir meer inligting:
Swem
Kate-Lynn Kruger, graad 9-swemmer van Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 24 Maart 2024 aan die SA Vlak 3 “Regional Age Group Championships” swemgala deelgeneem. Die gala is by die Joan Harrison Swembad te Oos-Londen aangebied.Sy het medaljes in elkeen van die ses items waaraan sy deelgeneem het, verower. ‘n Uitstekende prestasie! Sy het ’n...
Hokkie
Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het vandag teen Hoërskool Framesby te staan gekom en gelykop 0-0 gespeel. Ons het later teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn gespeel en 2-0 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald en Anishka Luiters aangeteken. Die span speel Sondagoggend om 09:00 teen Victoria Girls High op Union se veld. Baie geluk aan...
Hokkie
HVS se eerste hokkiespan neem die naweek aan die Union High Hockey Festival deel. Hul het vanoggend hul eerste wedstryd op Hoër Volkskool se astro hokkieveld teen Hoërskool Burgersdorp gespeel en wen die wedstryd 3-0. Doele is deur Marlie Nel, Shana-Leigh Lange en Deirdré Alberts aangeteken. Hul het hul tweede wedstryd teen DSG gespeel en...
Deelname tydens die vakansie
Leerders wat tydens die vakansie aan sport deelneem: Atletiek: SA Kampioenskappe Vincent Pienaar, 3 – 6 April te Paarl Swem Vlak 3 Kate-Lynn Kruger, 21- 24 Maart te Oos-Londen Swem Vlak 2 Chris de Wet en Charl Conradie, 26 – 28 Maart te Oudtshoorn Tweekamp: SA Kampioenskap Hannes van der Merwe, 29 – 30 Maart...









