Daar is niks so lekker om ‘n skooldag bietjie kleur te gee soos sport of kultuur nie. Verlede Vrydag het die Volksmond (ATKV-jeugtak) dit goed gedink om Moedertaaldag met niks anders as ‘n danskompetisie te vier nie. Die Afrikaanse liedjies het beslis elke skolier se litte los gekry en verskeie skoliere het hulle danspassies ten...
Author: admin
Akademiese toekennings
Die volgende leerders ontvang erekleure vir hul harde werk en uitstekende prestasies behaal vir akademie tydens 2022: Jana Neethling (gr 11) Zenke Enslin (gr 11) Carli Kritzinger (gr 11) Xander Keyser (gr 10) Sophia Louw (gr 11) Anya Cornelius (gr 10) Baie geluk aan elkeen van julle. Mag julle in 2023 op hierdie goeie prestasies...
HVS Drieëdruk-aand
Die 2023-rugbyseisoen het gister op ‘n hoë noot afgeskop toe die o.14-, o.15- en o.16-rugbyspanne teen spanne van Asherville, Spandau en Union High School te staan gekom het. HVS se eerstespan het teen bogenoemde spanne asook Hoërskool Middelburg en Muir te staan gekom. Opwindende rugby was gespeel en nou is die ys gebreek vir die...
HVS Tennis
Verlede naweek het die eerste seunstennisspan, Hoër Volkskool by die Tjaart Vorster tennistoernooi in Cradock gaan verteenwoordig. Ons span het teen die spanne van groot skole soos Paul Roos, Bethlehem Voortrekkers en Stirling High School gespeel. HVS wen teen Hoër Landbouskool Oakdale en teen Hoërskool Cradock en het algeheel ‘n elfde plek in die toernooi...
Tennistoernooi
Hoër Volkskool se eerste meisies- en tweede seuns tennisspanne het aan die “Tennis-4-Jesus” Toernooi in Bredasdorp deelgeneem. HVS se spanne het teen groot skole soos Paarl Vallei, Dirkie Uys, Durbanville en Charlie Hofmeyer gespeel. Elke speler het hul beste gegee en op die einde was sportmansgees die wenner van die dag! Met sulke blootstelling doen...
Karoo Swemgala Uitslae
Hoër Volkskool se swemmers het weereens tydens gister se Karoo swemgala uitgeblink en vir groot opwinding in baie van die items, veral die aflosse, gesorg. Uitslae van die punte is as volg: Laerskool Cradock: 18 Tuisskool: 49 Gill Kollege: 157 Laer Volkskool: 335 Union High School: 457 Victor Ludorm: Mateo Schoeman Victrix Ludorum: Taylor Jacobs...
Sarah Baartman Netbalproewe
HVS se netbalspelers het verlede week aan die Beyers Naude Netbalproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem: Netbal o.14: Elné Viljoen en Izanne Pienaar Netbal o.15: Zenobia Homveld, Ilze Vorster, Elzahn Dinjana en Nicole Jacobs Netbal o.18: Junielle Goliath, o.17: Sanet Grobler, o.16: Jamie-Lee Gerber...
Die Volksie Mandjie-dans
Daar is geen beter manier om ‘n werksweek af te sluit as ‘n heerlike kuier by DIE VOLKSIE nie! Alle ouers, vriende en ondersteuners is welkom om saam te kuier. Kry nou jou kaartjie by Hoër Volkskool se kantoor vir slegs R10.00, pak vir jou ‘n lekker piekniekmandjie en kom kuier saam! As die inhoud...
HVS Tennisspelers in Provinsiale Spanne
Die volgende tennisspelers van Hoër Volkskool is in Oos-Kaap spanne opgeneem en gaan aan interprovinsiale toernooie deelneem: Zanri Groenewald: o.18 B-span Rudolph-Hein van Eeden o.15 B-span Louwen Wolfaardt: o.15 A-span Alicia Louw: o.15A-span Die A-spanne gaan in Pretoria meeding, terwyl die B-spanne in Grahamstad gaan speel. Ons wens jul baie sterkte toe!
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms
Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms: Die volgende atlete het by die Sarah Baartman atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem en het baie goed gevaar: Foto agter: Chanto Baartman: eerste: 800m seuns o.15 Ethan Japhta: derde: 400m seuns o.17 Jan-Theo van Tonder: tweede: hoogspring seuns o.17 Hannes van der Merwe: eerste: gewigstoot seuns o.15 en vierde: 200m seuns o.15...









