Author: admin

Home / admin
Skaak
Post

Skaak

Op 31 Januarie 2023 het Hoër Volkskool by Union High School aan ‘n skaakbyeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms is in die vorm van ‘n individuele toernooi.Jaden Booysen was die dag se beste speler. Baie geluk, Jaden!Dankie aan UHS vir die byeenkoms se aanbied.

ATKV-bestuur
Post

ATKV-bestuur

By Hoër Volkskool is deelname aan kultuuraktiwiteite baie belangrik.Die ATKV-bestuur vir 2023 is as volg:Voorsitter: Helé de KlerkOndervoorsitter: Sue Mari BurgerSekretaris: Megan HendrikseTesourier: Remé VorsterOndersteunende rol:Tyneal BothaRaquel AndrewsChantél van der NestBaie sterkte met die jaar se werksaamhede!Foto vlnr: Megan Hendrikse, Sue-Mari Burger, Helé de Klerk, Remé Vorster, Tyneal Botha, Raquel Andrews en Chantél van der...

HVS Kleurgala
Post

HVS Kleurgala

Op Woensdag, 1 Februarie, het Hoër Volkskool die jaarlikse kleuregala aangebied. Ten spyte van ‘n baie warm dag, het die dag se program goed verloop.Baie geluk aan Kate-Lynne Kruger wat 3 rekords tydens die gala verbeter het:100 m rugslag,50 m borsslag4 x 25 m individuele wisselslag.Die oudste rekord wat sy verbeter het, is die 100...

HVS Hokkie
Post

HVS Hokkie

Met die aanbreek van die 2023-hokkieseisoen het HVS verlede week hokkieproewe gehou om ‘n oefengroep te kies.Oud-Volksie Bebe (Steyn) Claassen, matriek 1977, was een van die keurders tydens die proewe. Bebe het vanaf 1987 tot 1993 vir die Springbokhokkiespan gespeel en was daarna vanaf 1998 tot 2000, die SA o.18 dogters hokkiespan se afrigter. Die...

Robotika
Post

Robotika

HVS het in 2022 Robotika aan die leerders bekendgestel.Die eerste robotika klas vir 2023 het vir groot opwinding gesorg en het die leerders se probleemoplossingsvaardighede aangewakker.Die manne het hierdie rondte gewen, maar die dogters is reg vir die volgende uitdaging! Die dogters is van mening dat robotte programmeer meer in hulle lyn is.

Matrieks Top 10
Post

Matrieks Top 10

Baie geluk aan elke gr 12 leerder van Hoër Volkskool! Ons is so trots op julle! Jul het baie hard gewerk en harde werk is verseker beloon.  64 Matrieks 35 vak A -gemiddeldes 68,75 kwalifiseer vir B-graad Toelating Slaagsyfer: 96,78% Nr 1: Annelie Pieterse met 5 onderskeidings | Nr 2: Jeffson Arends met 3 onderskeidings...

Trots Volkskool
Post

Trots Volkskool

Hier by Hoër Volkskool is daar nog baie water wat in die see moet loop voor ons kan rus, maar ons begin al die gevoel van vakansie kry. Die personeel van HVS wil net vir elke leerling, ouer, ondersteuner en vriend van Hoër Volkskool ‘n geseënde vakansie toewens. Mag julle die tyd saam met vriende...

Volkskool gee om
Post

Volkskool gee om

Melandré Kombani en Chequin Koopman, hoofleiers van Hoër Volkskool, het Dinsdag ‘n koevert met HVS se donasie aan die Graaff-Reinet Kankerverening oorhandig. HVS het ‘n baie suksesvolle kankerveldtog tydens die kankermaand Oktober, geloots. Die projek is deur onderwysers en leerders ondersteun om fondse in te samel. Me. Hannetjie Pieterse, verteenwoordiger van die Graaff-Reinet Kankerverengiging het...

Herinneringsdag
Post

Herinneringsdag

Die jaarlikse Herinneringsdag is op Sondag 13 November, by die St. James Kerk aangebied. Hoër Volkskool se hoofseun, Chequin Koopman en onderhoofdogter, Zenke Enslin, het hierdie geleentheid bygewoon. Hul het Hoër Volkskool verteenwoordig en die gebruiklike krans gelê. Hierdie geleentheid is om hulde te bring aan die Suid-Afrikaanse soldate wat hul lewens tydens die Eerste...

Hoofleiers 2023
Post

Hoofleiers 2023

Die hoofleiers en die onderhoofleiers is by die prysuitdeling aangekondig: Vlnr: Albrecht de Jager (onderhoofseun), Melandrè Kombani (Hoofdogter), Chequin Koopman (Hoofseun) en Zenke Enslin (onderhoofdogter)