Author: admin

Home / admin
Boogskiet
Post

Boogskiet

Saterdag het Hoër Volkskool ‘n interskole boogskietkompetisie aangebied en 35 skuts van Hoërskool Daniël Pienaar en  Kwagga boogskietklub (Uitenhage), Susanna Fourie (Despatch) en Soul Point Archery (Jeffreysbaai) het hierheen gereis om deel te neem. Die kompetisie het in die Botaniese Sportgronde se saal plaasgevind waar twee rondtes “Bull’s Eye” binneshuis geskiet word. Die uitslae van...

Aanlyn-Jagveiling
Post

Aanlyn-Jagveiling

Ons is opgewonde om die jagpakkette vir ons jaarlikse Volkskool Graaff-Reinet Aanlyn-Jagveiling met julle te deel. Die webblad www.insamel.co.za is amper gereed vir die bie-proses. Hou dié blad dop vir meer inligting. Baie dankie aan al ons boere en borge wat hierdie geleentheid moontlik maak! Volg ons op Facebook

SPRINGBOK-JAGKOMPETISIE
Post

SPRINGBOK-JAGKOMPETISIE

Dit is amper weer tyd vir HVS se jaarlikse SPRINGBOKJAGKOMPETISIE ten bate van Huis Cronjé. ‘n Springbokram, geteel uit die genetika van Rolex (ram op die foto), sal tydens die jagkompetisie opgeveil word. Moenie die kans mis om ‘n ram met hierdie goeie genetika te bekom nie. Baie dankie aan ons borg, Hennie Barnard. Kontak...

Toeka bly koning!
Post

Toeka bly koning!

Trek jou 70’s kostuum aan en kom kuier saam op Vrydag, 13 Mei 2022 by HVS Kom herleef toeka se treffers wat ons nooit sal vergeet nie! Modyrts Musiek bring huldeblyk aan kunstenaars soos: ABBAOlivia Newton JohnBeegeesNeil DiamondPussycatFleetwood MacCarpentersChicago

HVS Top 10
Post

HVS Top 10

Die Top Tien-presteerders vir die eerste kwartaal van 2022 is as volg: GRAAD 12 Annelie Pieterse Chloé Stannard Denóvan Hoffman Marlien Crewe-Brown Marné Schoonraad Lara Muller Lieben Bekker Marli van der Merwe Anja Smit Jeffson Arends GRAAD 11 Zenke Enslin Sophia Louw Jana Neethling Cara Jansen Carli Kritzinger Elaine van Rensburg Haillé-Jade Hoffman Zoë Hattingh...

HVS gee om
Post

HVS gee om

Op Woensdag, 13 April, was die SANBS by Die Volksie en het HVS se leerders gewys hulle gee om, deur bloed te skenk. 55 eenhede is geskenk. Die koekies en koeldrank, asook die geskenkpak wat die skenkers ontvang, is ‘n bonus. Dankie aan al ons HVS-skenkers!

Tennis
Post

Tennis

Die eerste tennisspan het aan die “Tennis4Jesus” Dubbelspeltoernooi in Bredasdorp deelgeneem. Petrie van der Merwe en sy dubbelspelmaat, Marco Jooste, het puik oorwinnings in al hul wedstryde behaal en so ook die gemengde dubbelspel paar Petrie van der Merwe en Inké van der Merwe. Voorwaar ‘n goeie prestasie teen strawwe opposisie. Oos-Kaap tennisstrukture is vernuwe...

HVS SE SWEMMER OOK GOEIE SKUT
Post

HVS SE SWEMMER OOK GOEIE SKUT

Izak Hattingh (graad 12) het gekwalifiseer vir die SA Jaggeweerskietvereniging Top 20 Juniors vir 2022. Izak is genooi om deel te neem aan die Top 20 Juniors se finale rondtes. Baie geluk met hierdie goeie prestasie en baie sterkte met jou voorbereidings vir hierdie kompetisie.

Tweekamp
Post

Tweekamp

Die 2022 Tweekamp het ‘n rekord getal deelnemers van reg oor die land gehad. Met duisende deelnemers, toeskouers en beamptes was die Westbourne Oval en Newton Park gepak en was dit weer ‘n belewenis om soveel mense na twee jaar van Covid by sport te sien. Twee leerders van Hoër Volkskool en een van Laer...