Lliam van Heerden (graad 12) neem vandag in Germiston aan die o.19 driesprong tydens die SA Atletiekbyeenkoms deel. Baie sterkte, Lliam.
Author: admin
Swem
Izak Hattingh (graad 12), neem hierdie naweek aan die SA Vlak 3 Kampioenskappe te Port Elizabeth deel. Izak het goeie tye aangeteken tydens die interskole- en karoogala en selfs nuwe rekords opgestel. Baie sterkte vir die naweek, Izak!
Gill Sportfees – Sportuitslae
Hoër Volkskool se rugby-, hokkie- en netbalspanne het die afgelope naweek aan die Gill-Sportfees te Somerset Oos deelgeneem. Dit was regtig ‘n baie lekker dag en ons spelers het hul baie goed van hul taak gekwyt. Uitslae is as volg: Tweede hokkiespan: Speel teen Hoërskool Burgersdorp se eerste span: 0 – 3 Victoria Girls High...
Tennis
Petrie van der Merwe is Hoër Volkskool se tennis-fanatikus! As iemand na Petrie soek, kan jy maar verseker weet om instruksies tot by die skool se tennisbane te gee. Jy sal hom daar aantref – besig om, enigeen wat ‘n behoefte aan ekstra oefening het, ‘n bietjie rond te jaag met sy puik terughou plasings...
Atletiek
Die volgende atlete het wonderlik presteer in die afgelope atletiekseisoen. Hierdie vyf het deurgedring na die Oos-Kaap Kampioenskappe te Port Elizabeth en het die volgende plekke behaal: Ben-Lee Jooste: behaal ‘n algehele vyfde plek in seuns o.15 hoogspring met ‘n persoonlike beste van 1,5 meter. Valentino Johannes behaal ‘n algehele vyfde plek in die seuns...
HVS Hokkie
HVS se eerste hokkiespan het Sondag, 6 Maart 2022, aan die Spar Hokkietoernooi te Grahamstad, deelgeneem. Hulle het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Brandwag gespeel en 8 – 1 gewen. Hulle tweede wedstryd was teen Kingswood High en het 0 – 2 verloor. Hulle moes uitspeel vir die derde en vierde plek en het teen...
Landsdiensbestuur
Daar is ‘n groot oplewing in Landsdiens se deelname sedert die verligting van die streng Covid-19 regulasies en die ledetal het weer 50 lede oorskry. Ingeskrewe lede het die geleentheid gehad om die bestuur te verkies en die volgende lede is verkies om die graad te verteenwoordig: Graad 8: Inké Ferreira en Johan Jansen Graad...
Karoogala aangebied deur HVS
22 Februarie het die jaarlikse Karoogala weer na Covid hervat. Die skole wat aan die Hoërskole-kompetisie deelgeneem het, was Hoër Volkskool, Union High, Cradock Hoërskool, Gill College en Marlow. Die totale punte was: Meisies: 1 Union High 190 2 Hoër Volkskool 168 3 Gill College 17 4 Hoërskool Cradock 15 Seuns: 1 Hoër Volkskool 224...
Boogskiet
Die skuts van Hoër Volkskool het die naweek deelgeneem aan ‘n boogskiet-kompetisie, wat deur Hoër Volkskool aangebied is. Ons skuts het baie goed gevaar. Die uitslae was as volg: Bullseye Dogters: Goud:Annelie Pieterse, Silwer: Zulaine Moster, Brons: Anna-May Hayes Seuns: Goud: Freddei van der Mescht, Brons: MAthys Oberholzer. 3D-afdeling: Dogters: Goud: Annelie Pieterse, Silwer: Anna-May...
Erekleure
Die volgende twee leerlinge het gekwalifiseer vir erekleure vir hul prestasies in hul onderskeie dissiplines: Tiaan Fourie: Hy het die OP span verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskapp in Somerset-Oos. Hier het hy gevorder tot by die finale rondte. Johndre Ludick: Hy is gekies vir die OP 0.19 gholfspan wat in Kimberley gespeel het....









