Author: admin

Home / admin
Kleuregala
Post

Kleuregala

Hoër Volkskool kon in 2022 uiteindelik weer ons jaarlikse kleuregala aanbied. Na ‘n minder aktiewe tyd in die swembad,  is daar slegs 4 rekords verbeter op die dag.  Marlien Crewe-Brown verbeter die 100m borsslag en die 50m borsslag wat haar suster, Lizandri Crewe-Brown in 2017 opgestel het. Sy verbeter ook die 200m borslag met ‘n...

Langtafel-viering
Post

Langtafel-viering

U word hartlik uitgenooi na Volkskool se eerste Eeufeesviering vanjaar! Kom geniet ‘n deftige LANGTAFEL VIERING met heerlike kos, ons eie Eeufeeswyn en lekker geselskap.

Dux-leerling 2021
Post

Dux-leerling 2021

BAIE GELUK aan Petroné Fourie wat as die Dux-leerling vir die 2021 akademiese jaar aangewys is. Petroné het die Rupert Prestasie Toekenning ontvang as gesamentlike TOP MATRIEK in Graaff-Reinet vir 2021. Sy deel hierdie prestasie met James Rose-Innes van UHS.Petroné, die jongste van drie Fourie-sussies het verlede jaar haar skoolloopbaan aan Hoër Volkskool voltooi. Dit...

Boogskiet
Post

Boogskiet

Gedurende 2020 het HVS se skuts aan ‘n deurlopende boogskietkompetisie deelgeneem, waarvan sommige byeenkomste virtueel was en ander byeenkomste wel aangebied is. Tydens die Nasionale Boogskietkompetisie wat in 2021 by Daniel Pienaar te Uitenhage gehou is, het Freddie van der Mescht en Annelie Pieterse deurgedring na die top 60 skuts in Suid-Afrika. Twee van HVS...

OP Tweekamp
Post

OP Tweekamp

Hoër Volkskool het die afgelope naweek ‘n offisiële tweekampbyeenkoms op ons sportgronde en swemfasiliteit aangebied. Daar was heelwat deelnemers wat van Port-Elizabeth af gery het om aan die byeenkoms in die Karoo, deel te neem. Twee van HVS se leerders is tydens die byeenkoms in die OP spanne opgeneem: Hannes van der Merwe Seuns 0.15A...

Swem
Post

Swem

Marlien Crewe-Brown en Izak Hattingh het die afgelope vakansie aan ‘n A-groep gala te Port-Elizabeth deelgeneem. Beide leerders het aan die ope-afdeling deelgeneem en goed gevaar. Marlien het twee brons medaljes verower deur derde in die 200m borsslag en die 50m borsslag te eindig. Sy was ook vierde in die 100m borsslag en sesde in...

Matrieks 2021
Post

Matrieks 2021

Vrydag die 21ste Januarie het gesorg vir groot opgewondenheid met die bekendstelling van die Matriek 2021 finale uitslae. Hoër Volkskool Graaff-Reinet spog met 38 Vak A’s, 65% leerders wat kwalifiseer vir Baccalaureus grade en 28% leerders wat kwalifiseer vir Diplomas. Ons algehele slaagsyfer is 98.3% Ons Top 10: BAIE GELUK aan al die matrikulante van...

Nasionale Jeugweek
Post

Nasionale Jeugweek

Die Departement van Onderwys bied elke jaar ‘n jeugkamp aan en kies slegs ‘n paar skole om daaraan deel te neem. Ag van Hoër Volkskool se leerders het verlede week die voorreg gehad om vanjaar se jeugkamp te Jeffreysbaai by te woon. Venonique de Pearce vertel: Die jeugkamp het van 4 tot 10 Desember 2021...

Opwindende nuus
Post

Opwindende nuus

Volkskool het 2 splinternuwe bussies oppad te danke aan ‘n ongelooflike borg. Dit bring die totaal van ons mini-busse na 4 wat ons in staat stel om busdienste aan koshuiskinders van omliggende dorpe te voorsien.