Johndré Ludick, matriekklas van 2024, verteenwoordig tans Suid-Afrika by die gesogte 2025 “Toyota Junior Golf Word Cup” in Japan! Die toernooi vind plaas van 24 tot 27 Junie by die Chukyo Golf Club – ’n wêreldklas geleentheid waar Johndré sy talent wys teen van die wêreld se beste jong gholfspelers. Ons is ongelooflik trots op...
Author: admin
Landsdienskamp 2025
Karoo Volksies stap vorentoe! Van 30 Junie tot 4 Julie het 190 leerders en personeel ’n onvergeetlike week in Burgersdorp deurgebring as deel van die Landsdiens Provinsiale Kamp. Hoogtepunte van die week: – Murder Mystery – Handvaardigheid – Selfverdediging – Staproetes Daguitstappie na Gariep: – Ferry-rit – Toer deur die damwal en hidrokragstasie Kinders het...
Interskole Aandfunksie
Ons begin die slapies (of dalk skapies🐑) tel!Nog net 56 dae voor ons jaarlikse Interskole teen Union, Graaff-Reinet – en soos tradisie dit vereis, skop ons dié spesiale naweek af met ’n aandfunksie op die Vrydagaand! 🎉 Ouers en vriende van Laer- en Hoër Volksool, Weppie Preppie en reüniegroepe word hartlik uitgenooi om saam te...
Jaarlikse koedoejag
Ons jaarlikse koedoejag is weer om die draai! Hierdie is ons tweede jaar wat ons die geleentheid aanbied, en van die begin af was KAROO FORD ons trotse hoofborg. Dankie dat julle saam met ons hierdie tradisie help bou – ons waardeer die ondersteuning op elke myl van die pad!
Nou Praat Jy
Hoër Volkskool maak opskudding in die Kaap. Ons klein, maar trotse skool het op Woensdag, 25 Junie, aan die Nou Praat Jy – redenaarskompetisie in Durbanville deelgeneem. Hierdie kompetisie vorm deel van Curro Durbanville se Kultura-fees waar top skole regoor die land deelgeneem het. Vanjaar se onderwerp was “Afrikaans, ‘n Taal van kleur en klank”....
Nasionale Kongres
Drukke week vir Hoër Volkskool! Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Juffrou Malan, Juffrou Gildenhuys en Meneer Prinsloo van 24–26 Junie 2025 die voorreg het om die Solidariteit SOS Nasionalekongres in Midrand, Johannesburg, by te woon. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) fokus op die bemagtiging van Afrikaanse onderwysers en skole, via leierskapontwikkeling, netwerkgeleenthede...
Landbou in aksie
Op 24 Junie 2025 het die Graad 10 Landbouwetenskapklas ’n praktiese uitstappie onderneem na House of Fibre en BKB se wolstoor in Gqeberha. By House of Fibre is ons deur elke stap van die sybokhaarproses geneem – van ontvangs en weeg tot verwerking en bemarking. Leerders het ook ’n oorsigvideo gesien van hoekom hierdie stoor...
Interskole Redenaarspan
Hoër Volkskool se Interskole redenaarspan het heerlik gesmul en saam gekuier vir ‘n beplanning- en opleidingsaand om van Interskole 2025 se Kultuuraand ‘n aand van gehalte te maak. Die samewerking en kameraadskap is wat van plattelandse skole ‘n suksesverhaal maak. Hoër Volkskool word vanjaar verteenwoordig deur Lisa du Toit (gr., Hestri Pearson (gr.9), Mikha Enslin...
Landbou-leer buite die handboek
Op Maandag, 23 Junie 2025 het Dr. Mackey Hobson, veearts van Graaff-Reinet, met ons Graad 12 Landbouwetenskapklas kom gesels en waardevolle praktiese insig gedeel. Hy het gefokus op: Hoe om siek diere betyds op te spoor en behoorlik te behandel Die doel en proses van ’n nadoodse ondersoek. Wanneer en hoe om diere te doseer...
MASA Nasionale Kampioenskappe
Op 14 en 15 Junie het lede van “Raptors Martial Arts” aan die MASA (“Martial Arts South Africa”) Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem as deel van die Oos-Provinsie span. Hierdie span het onder die vaandel van KOSA (“Kickboxing Organization of South Africa”) meegeding. Met 629 atlete van 23 verskillende Martial Arts-organisasies was dit ‘n groot...









