Liezel Nel, ‘n gr 11 leerling van Hoër Volkskool, is die trotse ontvanger van ‘n Junior Springbok toekenning vir Landsdiens. Sy het verskeie gemeenskapsprojekte geinisieer en is reeds vanaf 2014 ‘n Oos-Kaap verteenwoordiger by die Nasionale Landsdienskampe. Hier staan sy met die Skoolhoof Prestige Toekenning wat sy by die skool se jaarlikse prysuitdeling ontvang het...
Author: admin
Kranslegging
Op die 11de November 2018 was Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool ,en Ashley Arnolds, onder-hoofseun, by die kranslegging-gedenkdiens by St James Anglican Church. Hul was bevoorreg om hierdie geleentheid by te kon woon, aangesien hierdie jaar die 100ste jaar gevier word sedert die Eerste Wêreldoorlog geëindig het. Dit was n spesiale geleentheid waar almal...
Boundless Opedag
Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool, en Carryn Swart, leerlingraadslid, het Boundless, die beskermde werksplek, se tee en opedag op Saterdag, 10 November 2018 bygewoon. Hierdie tee word aangebied om hul jaarlikse Maand vir Gestremdes te vier. Met hul aankoms is hul vriendelik welkom geheet en bietjie rond gewys oor wat hulle self maak en...
Bloemfontein Atletiek
Tien atlete van Hoër Volkskool het aan die Jim Fouché Uitnodigingsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. ‘n Sterk wind het die prestasies van die atlete beïnvloed. Deelname by hierdie byeenkoms is in die 2019 ouderdomsgroepe. Marni van der Merwe het die 100m en 200m in die dogters o.16 afdeling gewen. Haar tye was onderskeidelik 13,24 sekonde en...
Volkskool vs Union Atletiek
Ideale weer en sterk kompetisie het vir opwindende atletiek by die Volkskool vs Union Byeenkoms gesorg. Twaalf byeenkomsrekords het in die slag gebly en ekstra kleur aan die byeenkoms verleen. Die byeenkomsrekords is soos volg verbeter: Shirwan van Staden (Volkskool) – 100m, S o.19 – 10,78 sek I Ndamane (Union) – 800m, S o./19...
Adelaars Toernooi
Vrydagmiddag het Hoër Volkskool die jaarlikse Adelaars toernooi aangebied op Union High se Astro. Pret en plesier het die dag geseëvier. Spanne van verskillende ouderdomme en vaardigheidsvlakke het deelgeneem wat bygedra het tot die pret. Op die einde het Grootfontein se eerstespan as wenners van die dag uitgetree,met sterk kompetisie van die span wat tweede...
Boogskiet Kampioenskappe
Die interprovinsiale en nasionale kampioenskappe het van 3 tot 5 Oktober in Rustenburg in Noordwes plaasgevind. Sewe kinders is gekies om die Oos-Kaap span van 32 tydens die Nasionale Kompetisie te verteenwoordig – Juryna Fourie, Annelou van der Mescht en Jaco van Loggerenberg van HVS, Daniel McNaughton en Matthew McNaughton van UHS was in die...
Hokkietoernooi in Holland
Twee van Hoër Volkskool se belowendste hokkiespelers het tydens die vakansie deelgeneem aan ‘n toernooi in Holland. Chloè Stannard (links) en Anje Smith het hier hul hokkievaardighede verbeter deur twee klinieke by te woon wat aangebied is deur Internasionale hokkiespelers van regoor die wêreld. Hul het vier wedstryde gespeel. Hul verloor teen Oranjerood Klub, en...
Pienk Bome vir Pauline
Hoër Volkskool het met baie werk en lag ‘n vlot bymekaar gesit vir die Pink Trees for Pauline-veldtog. Saterdagoggend het ons deelgeneem aan die pretstap en optog en het’n derde plek behaal vir ons vlot! Dankie aan almal wat saamgewerk het om hierdie projek soveel pret én suksesvol te maak.
Atletiek – Top 10 Byeenkoms
Die atlete van Hoër Volkskool het baie goed presteer by die Top Tien Byeenkoms op Cradock. Die volgende prestasies is behaal: Shirwan van Staden : 2de – 100m, S o.19 – 10,89 sek : 3de – 200m, S o.19 – 22,60 sek ...









