‘n Hokkiespeelster van Hoër Volkskool, Chloe Stannard, is tydens die afgelope hokkietoernooi in Bloemfontein, ingesluit by o.14 die Elsie Coetzerhokkiegroep. Hierdie groep gaan tydens die Septembervakansie Holland toe toer om daar aan ‘n hokkietoernooi deel te neem. Ons is baie trots op Chloe!
Author: admin
Ooskaap Netbal
Maryna Nel, Marichen Piek, Lara du Plessis en Lykita Koeberg is na afloop van die afgelope rondtes netbalproewe gekies om die Oos-Kaap te verteenwoordig. Hul is gekies vir die 0.18 span wat tydens die Junie-vakansie aan ‘n interprovinsiale toernooi te Boksburg gaan deelneem. Dit is ‘n dubbele eer vir ons skool, nadat Lara en Lykita...
Redenaars
Hoër Volkskool het ons interne redenaarskompetisie aangebied. Na ‘n baie taai stryd tussen die sprekers het Astrid Langeveldt tweede geëindig in die juniors afdeling terwyl Carlin Jansen tweede geëinndig het in die senior afdeling. Die wenners was Justin Gafoor (Seniors) en Annelie Pieterse (Juniors)
Swem
Hoër Volkskool het die swemseisoen op ‘n baie hoë noot afgesluit. Ons top swemmers het deelgeneem aan die top 8 gala, vlak 1, 2 en 3 gala’s. Die top 8 swemmers Swemmers wat aan die top 8 gala deelneem, moes aan B-groep gala’s gedurende die seisoen deelneem, waar die top 8 swemmers dan gekies word...
Erekleure
Die volgende leerlinge het na afloop van die somersportseisoen gekwalifiseer vir erekleure in hul verskillende dissiplines: Zileke de Jager (Ruiterkuns), Zankie Botha (Ruiterkuns), Llewellyn Crewe-Brown (Swem) Sherwin van Staaden (Atletiek) en Alwyn van der Merwe (Tennis) afwesig: Rianco vermeulen (Swem).
Akademie – Top klasposisies
Na afloop van die afgelope kwartaal se toetsreeks, is die volgende leerlinge aangewys as die nommer 1 in hul graad vir akademie: Annika Fitzgerald (Gr9), Chloe Stannard (Gr8), Pierre van der Merwe (gr11), Juryna Fourie ( gr10) en Engeri Fourie (gr12).
SA Atletiek-kampioenskappe
Shirwan van Staden het hierdie jaar ‘n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkomste deel te neem. Hierdie uitstaande Hoër Volkskool atleet het goed presteer teen die beste atlete in ons land. Shirwan het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe (5 – 7 April 2018) in die Paarl. Hy het in die...
DBV Uitreik
Hoër Volkskool het die kwartaal goed afgesluit. Van ons leerlingraadslede het elkeen ‘n leiband saamgeneem na die DBV en met die honde daar gaan stap en bietjie met hulle gespeel. Die leerlinge kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde die honde was oor die aandag wat hul gekry het nie! Graag doen ons dan ‘n...
HVS Oscar-aand
Verlede week het Hoer Volkskool die twee-jaarlikse Oscar-aand aangebied. Die aand is ‘n hoogtepunt op ons skool se kalender waar leerlinge pryse wen vir onder andere die meisie met die mooiste bene, die trouman in die skool en ook glanspaartjies wat verseker gaan trou! Die hoogtepunt van die aand is wanneer die onderwysers hul verskyning...
Vlak 1 en Top 8 Gala
Sewe van Hoer Volkskool se swemmers het aan die Vlak 1 gala en die uitnodigingsgala, die Top 8 gala in Port-Elizabeth deelgeneem. Almal het baie goed gevaar en goeie tye geswem. By die vlak 1 gala het Emile Blignaut, Nico Coetzee, PJ de Goede, Dane Thiart en Owen Thiart deelgeneem. Emile Blignaut het ‘n algehele...









