Vandag het ons landsdiens vertrek na die sonnige strande van Hartenbos. Ons wens elkeen ’n veilige reis toe en hoop dat hulle die vars seelug ten volle geniet. Ons is so opgewonde om te sien wat julle alles gaan beleef!

Veehanteringskursus
“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels oor basiese bestuurspraktyke, korrekte hantering en die beginsels rondom wolskaapboerdery. ’n Opregte dankie aan Juan Venter vir sy tyd, kennis en passie. Dit was ’n leersame dag wat beslis ’n blywende indruk gelaat het.

Raptors klub – suksesvolle gradering
Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal! Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het: – Renaldo van der Westhuizen – Pers – Reaglin Maarman – Pers – Jean van Wyngaard – Blou – Leshandre Roman – Groen 1 Hou aan met jul harde werk en toewyding!

Volkskool se nasionale merkers – trots op ons uitstekende onderwysers
Volkskool is besonder trots om vyf van ons toegewyde opvoeders geluk te wens met hul aanwysing as nasionale merkers vir die 2025-eksamens. Hierdie erkenning is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n bewys van die gehalte en kundigheid wat ons personeel daagliks uitleef. Baie geluk aan: Hierdie aanwysings bevestig die hoë standaard van akademiese uitnemendheid waarop Volkskool trots is. Ons waardeer elke onderwyser se toewyding, harde werk en passie om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. Volkskool sê baie geluk – julle maak ons ongelooflik trots!

Herdenkingsdag by Volkskool
Sondag, 9 November het ons hoofleiers hul waardering en herinnering aan die helde van ons land getoon deur rooi papawerblomme te dra ter geleentheid van Herdenkingsdag. Hierdie dag word jaarliks op 11 November waargeneem en eer die lede van die gewapende magte wat in die diens van die land gesterf het tydens die Eerste Wêreldoorlog en daaropvolgende konflikte. Die diens is op 9 November by St James’ Anglican Church in Graaff-Reinet gehou. Ons vier hierdie dag steeds omdat dit belangrik is om die opofferinge van diegene wat hul lewe vir vrede en vryheid gegee het te onthou. Deur Herdenkingsdag gee...

‘n Nuwe tradisie skop af!
Gisteraand is die eerste Hokkie besigheidsliga met groot opgewondenheid afgesluit – en wát ’n begin vir Volkskool en die dorp! Ná weke van spanpoging, sportmangees en heerlike samekoms het Light’s Out as die wenners van 2025 uit die stryd getree. Die atmosfeer was aansteeklik – met gelag, aanmoediging van die kantlyn af en die besondere gemeenskapsgees. Hierdie liga het gewys hoe sport mense saamsnoer: oud en jonk, oudskoliere, ouers en vriende – almal deel van een trotse gemeenskap. ‘n Groot dankie aan elke span, ondersteuner en plaaslike besigheid wat hierdie eerste jaar gemaak het. Julle betrokkenheid het die afskop van...

Lag, ligte oomblikke en unieke pryse!
By die afsluiting van Volkskool se eerste Hokkie besigheidsliga is daar nie net prestasies gevier nie, maar ook heerlik gelag oor die unieke pryse wat toegeken is. Dié toekennings het vir groot vermaak gesorg en die gees van samehorigheid perfek vasgevang. Braafste speler – Marco Jooste Marco het die een week in doelwagtersklere geklim – vir elke bal gegaan en nooit teruggestaan nie! Bumper Car – JJ Jansen Vir sy entoesiastiese styl en die onverwagte botsings. Diepseeduiker – Johan Viljoen Vir sy indrukwekkende duike en reddings op die veld – altyd bereid om vir sy span te val, letterlik én...

Volksie-swemmer reik na nuwe hoogtes!
Volkskool is besonder trots op Kate-Lynn Kruger, wat die uitsonderlike geleentheid gekry het om aan die Tuks Swemkamp 2026 deel te neem onder leiding van die Olimpiese afrigter Rocco Meiring by die Universiteit van Pretoria se Hoëprestasie-sentrum. Kate-Lynn ontvang hierdie eer te danke aan haar SANJ-kwalifikasie vir 2026 – ’n prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware toewyding in die swembad. Tydens die kamp sal sy saam met van Suid-Afrika se top swemmers oefen in ’n wêreldklasfasiliteit en waardevolle ervaring opdoen. Volkskool wens Kate-Lynn alles van die beste toe – ons weet sy gaan haar skool met trots...

Top 10 Akademie bederf by die Drosdy Hotel
Die top tien graad 12-leerders na afloop van die September-eksamen is onlangs bederf met ’n aandete by die stylvolle Drostdy Hotel – ’n besondere beloning vir hul uitstekende uitslae en harde werk deur die jaar. Hierdie aand was nie net ‘n viering van prestasie nie, maar ook ‘n herinnering dat toewyding en deursettingsvermoë altyd vrugte afwerp. Dit dien terselfdertyd as inspirasie vir elke leerder om met fokus en selfvertroue na die eindeksamen te kyk, wetende dat Volkskool trots agter hulle staan.

Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik
‘n Trots oomblik vir Volkskool! Wat ’n voorreg om as een van die Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik 100-skolekompetisie aangewys te word! Ons sê baie dankie aan ons leerders, onderwysers, ouers en oudskoliere – elkeen wat bygedra het om Afrikaans met trots en kreatiwiteit te vier. Julle gees en liefde vir ons taal maak hierdie prestasie moontlik. Afrikaans leef, groei en blom – en by Volkskool leef dit met trots!
