Me. Coetzee, me. Van Wyk en me. Oosthuizen het reeds Maandag, 22 Junie, na Pretoria vertrek om die Skoleondersteuningsentrum SOS by te woon. Hulle verteenwoordig Volkskool saam met onderwysers van ander skole in ons gemeenskap by dié geleentheid waar opvoeders van regoor die land bymekaarkom om nuwe idees te deel, inspirasie op te doen en oor die toekoms van onderwys na te dink. Die kongres skep geleenthede vir onderwysers om by ervare sprekers te leer, idees met kollegas uit te ruil en nuwe insigte vir die klaskamer te kry. Wanneer ons onderwysers groei en ontwikkel, word ons skole sterker en...

Hoër Volkskool maak geskiedenis in die ATKV redenaars!
Vir die heel eerste keer in Volkskool se geskiedenis het ons ‘n spreker in die ATKV Redenaars se Nasionale Finaal! Baie geluk aan Pieter Fourie (Gr. 9) wat die Suidoos-Kaap streek op 4 Augustus by hierdie gesogte landsfinaal by ATKV Klein-Kariba (Bela-Bela, Limpopo) gaan verteenwoordig. Pieter, ons wens jou alles van die beste toe met die voorbereiding vir die finaal. Die hele Volkskool-familie staan bankvas agter jou!

Die beste redenaars-Hoërskool in die Suidoos-Kaap
Saam met Pieter se geskiedkundige prestasie, vier Volkskool ook ‘n rits ander uitsonderlike top-prestasies. Hierdie dinamiese sprekers pronk almal onder die Top 5 in die hoërskool-afdelings: Danksy hierdie skitterende span is Hoër Volkskool die skool in die hele streek met die meeste sprekers in die Top 5. Ons kan amptelik spog as die beste redenaars-hoërskool in die Suidoos-Kaap vir 2026! Volkskool bars van die trots! Ons weet hoeveel harde werk, lang ure en toewyding hiertoe gelei het.

Landsdienskamp op pad na Hartenbos
Vandag het ons landsdiens vertrek na die sonnige strande van Hartenbos. Ons wens elkeen ’n veilige reis toe en hoop dat hulle die vars seelug ten volle geniet. Ons is so opgewonde om te sien wat julle alles gaan beleef!

Veehanteringskursus
“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels oor basiese bestuurspraktyke, korrekte hantering en die beginsels rondom wolskaapboerdery. ’n Opregte dankie aan Juan Venter vir sy tyd, kennis en passie. Dit was ’n leersame dag wat beslis ’n blywende indruk gelaat het.

Raptors klub – suksesvolle gradering
Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal! Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het: – Renaldo van der Westhuizen – Pers – Reaglin Maarman – Pers – Jean van Wyngaard – Blou – Leshandre Roman – Groen 1 Hou aan met jul harde werk en toewyding!

Volkskool se nasionale merkers – trots op ons uitstekende onderwysers
Volkskool is besonder trots om vyf van ons toegewyde opvoeders geluk te wens met hul aanwysing as nasionale merkers vir die 2025-eksamens. Hierdie erkenning is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n bewys van die gehalte en kundigheid wat ons personeel daagliks uitleef. Baie geluk aan: Hierdie aanwysings bevestig die hoë standaard van akademiese uitnemendheid waarop Volkskool trots is. Ons waardeer elke onderwyser se toewyding, harde werk en passie om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. Volkskool sê baie geluk – julle maak ons ongelooflik trots!

Herdenkingsdag by Volkskool
Sondag, 9 November het ons hoofleiers hul waardering en herinnering aan die helde van ons land getoon deur rooi papawerblomme te dra ter geleentheid van Herdenkingsdag. Hierdie dag word jaarliks op 11 November waargeneem en eer die lede van die gewapende magte wat in die diens van die land gesterf het tydens die Eerste Wêreldoorlog en daaropvolgende konflikte. Die diens is op 9 November by St James’ Anglican Church in Graaff-Reinet gehou. Ons vier hierdie dag steeds omdat dit belangrik is om die opofferinge van diegene wat hul lewe vir vrede en vryheid gegee het te onthou. Deur Herdenkingsdag gee...

‘n Nuwe tradisie skop af!
Gisteraand is die eerste Hokkie besigheidsliga met groot opgewondenheid afgesluit – en wát ’n begin vir Volkskool en die dorp! Ná weke van spanpoging, sportmangees en heerlike samekoms het Light’s Out as die wenners van 2025 uit die stryd getree. Die atmosfeer was aansteeklik – met gelag, aanmoediging van die kantlyn af en die besondere gemeenskapsgees. Hierdie liga het gewys hoe sport mense saamsnoer: oud en jonk, oudskoliere, ouers en vriende – almal deel van een trotse gemeenskap. ‘n Groot dankie aan elke span, ondersteuner en plaaslike besigheid wat hierdie eerste jaar gemaak het. Julle betrokkenheid het die afskop van...

Lag, ligte oomblikke en unieke pryse!
By die afsluiting van Volkskool se eerste Hokkie besigheidsliga is daar nie net prestasies gevier nie, maar ook heerlik gelag oor die unieke pryse wat toegeken is. Dié toekennings het vir groot vermaak gesorg en die gees van samehorigheid perfek vasgevang. Braafste speler – Marco Jooste Marco het die een week in doelwagtersklere geklim – vir elke bal gegaan en nooit teruggestaan nie! Bumper Car – JJ Jansen Vir sy entoesiastiese styl en die onverwagte botsings. Diepseeduiker – Johan Viljoen Vir sy indrukwekkende duike en reddings op die veld – altyd bereid om vir sy span te val, letterlik én...
