Volksie-swemmer reik na nuwe hoogtes!

Volksie-swemmer reik na nuwe hoogtes!

Volkskool is besonder trots op Kate-Lynn Kruger, wat die uitsonderlike geleentheid gekry het om aan die Tuks Swemkamp 2026 deel te neem onder leiding van die Olimpiese afrigter Rocco Meiring by die Universiteit van Pretoria se Hoëprestasie-sentrum. Kate-Lynn ontvang hierdie eer te danke aan haar SANJ-kwalifikasie vir 2026 – ’n prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware toewyding in die swembad. Tydens die kamp sal sy saam met van Suid-Afrika se top swemmers oefen in ’n wêreldklasfasiliteit en waardevolle ervaring opdoen. Volkskool wens Kate-Lynn alles van die beste toe – ons weet sy gaan haar skool met trots...

Top 10 Akademie bederf by die Drostdy Hotel

Top 10 Akademie bederf by die Drostdy Hotel

Die top tien graad 12-leerders na afloop van die September-eksamen is onlangs bederf met ’n aandete by die stylvolle Drostdy Hotel – ’n besondere beloning vir hul uitstekende uitslae en harde werk deur die jaar. Hierdie aand was nie net ‘n viering van prestasie nie, maar ook ‘n herinnering dat toewyding en deursettingsvermoë altyd vrugte afwerp. Dit dien terselfdertyd as inspirasie vir elke leerder om met fokus en selfvertroue na die eindeksamen te kyk, wetende dat Volkskool trots agter hulle staan.

Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik

Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik

‘n Trots oomblik vir Volkskool! Wat ’n voorreg om as een van die Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik 100-skolekompetisie aangewys te word! Ons sê baie dankie aan ons leerders, onderwysers, ouers en oudskoliere – elkeen wat bygedra het om Afrikaans met trots en kreatiwiteit te vier. Julle gees en liefde vir ons taal maak hierdie prestasie moontlik. Afrikaans leef, groei en blom – en by Volkskool leef dit met trots!

‘n Simboliese ontmoeting tussen Laer- en Hoër Volkskool se leiers

‘n Simboliese ontmoeting tussen Laer- en Hoër Volkskool se leiers

Op 3 November het die Hoofseun en Hoofdogter van 2026 van Hoër Volkskool ’n draai gaan maak by Laer Volkskool se nuwe leiers vir 2026. Die besoek was ‘n besondere oomblik vol trots en verbondenheid tussen die twee skole. Die jong leiers het mekaar gelukgewens en sterkte toegewens vir die nuwe rolle wat op hulle wag. Met hierdie vriendelike gebaar is die sterk band tussen Laer en Hoër Volkskool weer bevestig – ’n band van trots, leierskap en ware Volkskoolgees.

‘n Wildervaring om oor huis toe te skryf!

‘n Wildervaring om oor huis toe te skryf!

Mnr. en Mej. Volkskool se Top 3 seuns en dogters het vandag ’n onvergeetlike uitstappie na Samara beleef – ’n dag vol avontuur, lag en opwinding. Binne die eerste dertig minute het die groep hul eerste ontmoeting met die olifante gehad. Hulle het rustig deur die veld gewei, en die groep kon ’n rukkie by hulle stilgebly en kon hulle bewonder. Toe ons verder beweeg, het een olifant geskrik en nader gekom, net genoeg om almal se harte vinniger te laat klop. Kort daarna het die jagluiperd onder ’n bos gelê, so kalm dat die groep tot by hulle kon...

Personeel-bederfdag by Samara

Personeel-bederfdag by Samara

Op Saterdag 1 November het Volkskool se personeel ’n welverdiende blaaskans by die pragtige Samara Karoo Reserve geniet. ’n Dag om asem te haal, saam te lag en net weer mens te wees. Die veld se stilte en oop ruimtes het vir almal ’n gevoel van vrede gebring tydens ’n ontspannende wildrit, waar die skoonheid van die Karoo ons telkens laat besef het hoe bevoorreg ons is. Daarna het ’n besondere bederf gewag – ’n middagete in die koel stroomwater, met voete in die sand en goeie geselskap om die tafel. Dit was ‘n dag van samehorigheid en dankbaarheid –...

Volkskool se top prestasies van die jaar!

Volkskool se top prestasies van die jaar!

Ons is ongelooflik trots om ons top sport- en kultuurpresteerders vir die jaar te vier! Die prestasies van ons leerders wys regtig wat “Volkskool-gees” beteken – vasberadenheid, talent en deursettingsvermoë in alles wat hulle aanpak. Glimlag en applous vir ons wonderlike leerders: Alecia Louw: Skoolhoof Prestige-toekenning, Nasionale o.16 A-hokkiespan, Naudé Wissel-trofee vir veelsydigste sportvrou en Jo-Ane Nell-beker vir die beste skoolsportprestasie. AW Lambrechts: Derick van Zyl-trofee, verteenwoordig die Oos-Kaap in spiesgooi by die Nasionale Kampioenskappe. Jean van Wyngaard: Skoolhoof Prestige-toekenning, verteenwoordig die Oos-Kaap-span tydens die Nasionale Kampioenskappe vir Gemengde Vegkuns. Behaal goue medaljes in Points Fighting en Sports Boxing. Kate-Lynn...

Volkskool se gholfdag ‘n reuse sukses!

Volkskool se gholfdag ‘n reuse sukses!

Saterdag, 25 Oktober, het die son warm oor die Karoo gebrand en die wind sy eie spel gespeel, maar niks kon die gees van Volkskool se jaarlikse gholfdag demp nie. Van die eerste afslaan tot die laaste put was dit ’n dag vol lag, lekker kuier en puik gholfspel. Die gholfers het met goeie humor en entoesiasme gespeel – selfs toe die wind die bal en die baan op die proef gestel het. Dit was nie net oor wenners en tellings nie, maar oor saamwees, mekaar ondersteun en die onmiskenbare Volkskool-trots wat oral gevoel kon word. ‘n Groot dankie aan...

Akademiese en Sportprestasies by Volkskool

Akademiese en Sportprestasies by Volkskool

Ons is ongelooflik trots om drie van ons leerders te vereer wat met uitmuntende prestasies uitgeblink het! Zoe Campher, Drian Gildenhuys en Hestri Pearson het Erekleure vir Redenaars ontvang – ’n erkenning van hul toewyding, selfvertroue en talent op die planke. By ander sportsoorte het Rikus Erekleure vir Boogskiet ontvang, terwyl Luandre Rademan Erekleure vir Landsdiens ontvang het, omdat hy verlede jaar die Nasionale Landsdienskamp in die Noord-Kaap, by Duin-in-die-Weg, bygewoon het. Volkskool is ongelooflik trots op julle harde werk, deursettingvermoë en toewyding. Julle wys regtig wat dit beteken om ‘n ware Volksie te wees!

ATKV afsluiting

ATKV afsluiting

Wat ’n fantastiese manier om die jaar af te sluit! Ons leerders het by die ATKV-afsluiting hul boerevaardighede ten toon gestel in opwindende boeresport-aktiwiteite soos gesakspring en driebeenhardloop. Elke deelnemer het met energie, gees en ’n glimlag deelgeneem – werklik ’n fees van vaardigheid en kameraadskap. Natuurlik kon ons nie die heerlike Debonairs misloop nie! Met smaaklike happies in die hand het almal hul prestasies gevier en die jaar op ’n gesellige noot afgesluit. ’n Perfekte manier om 2025 af te sluit!