Vandag het ons landsdiens vertrek na die sonnige strande van Hartenbos. Ons wens elkeen ’n veilige reis toe en hoop dat hulle die vars seelug ten volle geniet. Ons is so opgewonde om te sien wat julle alles gaan beleef!
Category: Nuusberigte
Veehanteringskursus
“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels...
Raptors klub – suksesvolle gradering
Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal! Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het: – Renaldo van der Westhuizen – Pers – Reaglin Maarman – Pers – Jean...
Volkskool se nasionale merkers – trots op ons uitstekende onderwysers
Volkskool is besonder trots om vyf van ons toegewyde opvoeders geluk te wens met hul aanwysing as nasionale merkers vir die 2025-eksamens. Hierdie erkenning is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n bewys van die gehalte en kundigheid wat ons personeel daagliks uitleef. Baie geluk aan: Hierdie aanwysings bevestig die hoë standaard van...
Herdenkingsdag by Volkskool
Sondag, 9 November het ons hoofleiers hul waardering en herinnering aan die helde van ons land getoon deur rooi papawerblomme te dra ter geleentheid van Herdenkingsdag. Hierdie dag word jaarliks op 11 November waargeneem en eer die lede van die gewapende magte wat in die diens van die land gesterf het tydens die Eerste Wêreldoorlog...
‘n Nuwe tradisie skop af!
Gisteraand is die eerste Hokkie besigheidsliga met groot opgewondenheid afgesluit – en wát ’n begin vir Volkskool en die dorp! Ná weke van spanpoging, sportmangees en heerlike samekoms het Light’s Out as die wenners van 2025 uit die stryd getree. Die atmosfeer was aansteeklik – met gelag, aanmoediging van die kantlyn af en die besondere...
Lag, ligte oomblikke en unieke pryse!
By die afsluiting van Volkskool se eerste Hokkie besigheidsliga is daar nie net prestasies gevier nie, maar ook heerlik gelag oor die unieke pryse wat toegeken is. Dié toekennings het vir groot vermaak gesorg en die gees van samehorigheid perfek vasgevang. Braafste speler – Marco Jooste Marco het die een week in doelwagtersklere geklim –...
Volksie-swemmer reik na nuwe hoogtes!
Volkskool is besonder trots op Kate-Lynn Kruger, wat die uitsonderlike geleentheid gekry het om aan die Tuks Swemkamp 2026 deel te neem onder leiding van die Olimpiese afrigter Rocco Meiring by die Universiteit van Pretoria se Hoëprestasie-sentrum. Kate-Lynn ontvang hierdie eer te danke aan haar SANJ-kwalifikasie vir 2026 – ’n prestasie wat getuig van harde...
Top 10 Akademie bederf by die Drosdy Hotel
Die top tien graad 12-leerders na afloop van die September-eksamen is onlangs bederf met ’n aandete by die stylvolle Drostdy Hotel – ’n besondere beloning vir hul uitstekende uitslae en harde werk deur die jaar. Hierdie aand was nie net ‘n viering van prestasie nie, maar ook ‘n herinnering dat toewyding en deursettingsvermoë altyd vrugte...
Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik
‘n Trots oomblik vir Volkskool! Wat ’n voorreg om as een van die Top-20-finaliste in die Afrikaans Amptelik 100-skolekompetisie aangewys te word! Ons sê baie dankie aan ons leerders, onderwysers, ouers en oudskoliere – elkeen wat bygedra het om Afrikaans met trots en kreatiwiteit te vier. Julle gees en liefde vir ons taal maak hierdie...









