Hoër Volkskool se toneelgroep, “Skool in Afrikaans” het op Woensdag 31 Julie, aan die Logan Toneelfees te Fraserburg deelgeneem. Dit was vir die spelers ‘n groot ervaring.Darion Jooste is geprys vir sy vertolking van Fiela se kind.
Category: Nuusberigte
WOW Spelfees
Die volgende leerlinge van Hoër Volkskool het na die volgende rondte van die Wow-Spelfees deurgedring. Die kompetisie vind op 15 Augustus by Graaff-Reinet Primêr plaas.Baie sterkte aan elkeen van die julle wat aan die spelfees deelneem.Foto:Agter: Veruschka Mesihilinie, Merlize Jaftha, Chandre Mali, Keisha FortuinVoor: Venique Meyer, Jaymee Barnard, Vochenique Meyer, Chaendre DamonsAfwesig: Janeske Bester en...
Boogskiet
Baie sterkte aan Hoër Volkskool se leerders wat vandag op Bathurst aan die OP Boogskietkampioenskap deelneem. Foto’s van Mikha Enslin en John Read tydens verlede week se oefening by HVS.
Sportuitslae – HVS vs DF Malherbe
Die afgelope naweek het HVS se sportspanne vroeg Saterdagoggend na Gqerberha vertrek om teen DF Malherbe aan netbal, hokkie en rugby deel te neem. Die kompetisie was sterk, maar goeie sportmangees tussen die skole, was opmerklik sigbaar.Die uitslae is as volg:HokkieEerste span wen 2 – 0o.16A speel gelyk 0 – 0o.16B verloor 0 – 3...
WOW-Spelfees
Hoër Volkskool-leerlinge het Donderdag, 25 Julie 2024, aan die WOW-Spelfees se Kringkompetisie deelgeneem.Hierdie leerders het elkeen ‘n medalje ontvang. Foto vlnr: Graad 9: Janéske Bester, derde plekGraad 8: Hestri Pearson, derde plekGraad 10: Venique Meyer, tweede plek Baie geluk!
Toneelaand
Hoër Volkskool het op Donderdag 18 Julie, ‘n toneelaand gehou. Dit was ter voorbereiding vir die Logan Fees én die ATKV Tienertoneel, waaraan hulle eersdaags gaan deelneem.Victoria-Wes Gekombineerde Skool het die toneelaand saam met ons kom geniet. Hulle produksie, “Die dood van Marat”, is ook op die planke gebring.Hoër Volkskool se toneelgroep het 3 produksies,...
Interskole Rolbal
Die afskop van die 2024-Interskole het goed begin, toe Volkskool en Union High se onderwysers en ondersteuners aan die jaarlikse Interskole Rolbalkompetisie deelgeneem het.Vier spanlede per span het deelgeneem en die kompetisie is goed deur verskeie besighede, wat spanne ingeskryf het, ondersteun. Strawwe kompetisie, baie konsentrasie en ‘n lekker kuier na die wedstryd, het bygedra...
Sportuitslae
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool na Somerset-Oos gereis en aan ‘n baie opwindende sportdag deelgeneem.Die hokkie het Vrydagmiddag gespeel en die uitslae was as volg:HVS o.16A-span speel teen Gill se eerste span en verloor ongelukkig die wedstryd 1 – 2. Die HVS o.16B-span speel teen Gill se tweede span en speel gelyk 0 elk.Saterdag...









