HVS se deelnemers moes Saterdagoggend, 13 Julie 2024 baie vroeg na Despatch vertrek, om betyds te wees vir hulle deelname aan die Kwagga Boogskietklub se kompetisie.Dit was ‘n windstildag en daar was geen weersomstandighede wat die skiet kon belemmer nie. Na ‘n week van stormsterk winde wat veroorsaak het dat die leerders nie kon oefen...
Category: Nuusberigte
Toneelaand
Hoër Volkskool se talentvolle dramagroep bied op 18 Julie 2024 ‘n TONEELAAND aan.Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar.
Sportuitslae
Die afgelope naweek het Volkskool, kragte teen Hoërskool Cradock op ons tuisgronde, gemeet. Hierdie is ‘n jarelange tradisie wat steeds met ‘n goeie gees op en lands die veld, plaasvind.Vrydagmiddag het Cradock se seuns hokkiespan na Graaff-Reinet gereis en ‘n wedstryd teen Volkskool se onderwysers gespeel. Die onderwysers het opgedaag en vir die beste gehoop....
Akademiese Top 10
TWEEDE KWARTAAL
Baie geluk aan ons AKADEMIESE TOP 10 presteerders.
Bou voort op julle goeie prestasies van verlede kwartaal.
Rugby
AJ de Jager het die vakansie as lid van die Vrystaat se o.19-rugbyspan, by die Bokkieweek te Kroonstad, gespeel. Hy is as die beste agterspeler in die Vrystaatspan, aangewys.AJ het die naweek as lid van ‘n o.19 Bokkieweek Uitnodigingspan teen ‘n o.21-span gespeel. Hoewel hulle ‘n goeie wedstryd gepeel het, het hulle die wedstryd 37...
Graad 12
Die gr 12-leerders het gister hul jaarlikse boogskietkursus voltooi. Die leerders het dit baie geniet! ‘n Paar van die leerders het besef dat boogskiet glad nie vir hulle is nie, terwyl ander weer verskuilde talente ontdek het. Die laaste rondte was vir elkeen ‘n opsionele rondte en tog het elkeen die geleentheid aangegryp om net...
ATKV
Marlie Nel is as afgevaardigde aangewys, om die ATKV se Kultuurkuier by te woon. Die kuier vind vanaf 9-11 Julie by die ATKV Buffelspoort, Rustenburg, plaas. Sy sal as takverteenwoordiger die kuier bywoon en daar sal hulle aan verskeie werkswinkels, wegbreekgroepe en gespreksessies deelneem.Die doel van die sessies is om planne te beraam, om transformasie...
HVS stel nuwe hoof aan
Na ‘n tydperk van baie verwagting en lang afwagting is Hoër Volkskool se nuwe skoolhoof aangestel. Die skool was vir sowat 18 maande sonder ‘n permanente hoof nadat mnr. Theo Dörfling afgetree het.Me. Henriëtte Malan het die afgelope tyd as skoolhoof waargeneem en kan ons vandag met opgewondenheid aangekondig dat sy as HVS se nuwe...
Uithourit
Lehan de Beer, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het Saterdag 1 Junie aan die Lormar Uithourit, in Middelburgdistrik deelgeneem. Hy het 80 km suksesvol met sy perd, GNU Gabbi, voltooi.Die baan was baie tegnies en het die ruiters en perde se energie en fiksheid getoets. Die uiters koue temperature het ook die voltooiing van...









