Sewe van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek aan die ISKA NMA OP Kampioenskappe deelgeneem. Hierdie gemengde gevegskunstoernooi het as provinsiale proewe vir die Nasionale toernooi wat later in die jaar plaasvind, gedien. Leerders het die volgende prestasies behaal:Leshandre Roman1 x silwer (MMA Light Fighting)Renaldo van der Westhuizen1 x goud (Points)1 x goud...
Category: Nuusberigte
NG Kerk Uitreik
Die graad 12-klas van 2024 het op Dinsdag, 11 Junie hul eerste eksamen vir die jaar afgehandel. Die NG Kerk Graaff-Reinet, het elke graad 12-leerder met ‘n baie oulike kaartjie en ‘n soet dingetjie bederf, om die einde van die akademiese tyd af te sluit.Baie dankie vir hierdie bederf! Die matrieks se oëies het behoorlik...
Debat
Chris de Wet en Ilze Vorster, twee leerders van Hoër Volkskool, het gister na Durbanville vertrek. Hul neem vandag aan die semi-finale rondte van die ATKV Debatkompetisie, teen Hoërskool Outeniqua deel. Baie sterkte!!
Rugby
Na afgeloop van die naweek se Meyer Sauerman Rugbytoernooi wat in Kariega aangebied is, kondig Hoër Volkskool met trots aan dat Jan-Theo van Tonder, in die Oostelike Provinsie se 0.18 Cravenweekspan ingesluit is. Die span neem by Hoërskool Monument in Krugersdorp, vanaf 24 – 29 Junie 2024 deel. Baie geluk, Jan-Theo!
Rugby
Curtley Jacobs (o.16), Jan-Theo van Tonder (o.18), Hannes van der Merwe, (o.16), AJ de Jager (o.18) en Pieter van der Merwe (o.18), is gekies om aan die finale rondte OP rugbyproewe deel te neem. Die proewe vind by Daniel Pienaar Tegniese Hoërskool te Kariega, as deel van die Meyer Sauerman Toernooi plaas. Baie geluk met...
Sportuitslae
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool hokkie teen Hoërskool Framesby op ons tuisveld gespeel. Die kompetisie was baie straf en ons hokkiepelers het ‘n baie goeie geveg opgesit. Die tellings is nie ‘n weerspieling van die tipe hokkie wat op die dag gespeel is nie. Die o.16B-span verloor 0 – 2, die o.16A span verloor...
Bokkieweek
Armand Nell, AW Lamprechts, Arno Slabbert en Cobus Viljoen (foto), is verkies tot die AVS Griekwaspan wat aan die jaarlikse Bokkieweek gaan deelneem. Hierdie kranige 0.14 rugbyspelers van Hoër Volkskool, neem deel aan die dertigste vieringe van hierdie toernooi. Die toernooi skop 24 Junie 2024 af en duur tot en met 28 Junie 2024, in...
Netbal
Jamie-Lee Gerber het deurgedring tot die laaste rondte netbalproewe. Sy is tans deel van die Sarah Baartman span. Die proewe vind die naweek plaas te Hoërskool Hangklip in Queenstown. Baie sterkte vir die laaste rondte en baie geluk met jou prestasie sover!
Bloemfontein Skou
Tydens die Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe by Bloemfontein Skou het 3 van Hoër Volkskool se leerders baie goed presteer. Dit is die grootste Ope Lug skou ter wêreld. Hul uitslae is as volg: Tiaan Fourie eindig 8ste in 3 Gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder, en 4de in 3 Gang...
Hokkie uitblinkers
In 2024, soos in die verlede, het die Oostelike Provinsie hokkieproewe reeds in Februarie tydens die openingstoernooi begin en opgevolg met streekproewe vir o.16-spelers. Na afloop van die finale rondte proewe op 28 April is Alecia Louw (o.16A) en Deidre Alberts (o.14A) in die OP spanne ingesluit, vir deelname aan die Interprovinsiale Toernooie wat jaarliks...









