Landsdiens is ‘n groot baken op Hoër Volkskool se kultuurlys. Ons leerders doen baie goed in landsdiens en ons het al ‘n paar landsdieners gehad wat gekwalifiseer het vir nasionale kampe. Ons tak is baie gesond en ons nuwe bestuur is aangewys:Vlnr: Anya Cornelius, Darion Jooste, Chante Coetzee (onderwyseres), Jaydene Vaaltyn en Jani van der...
Category: Nuusberigte
Opedag 13 Mei 2024
Maandag, 13 Mei 2024 om 10:00 bied Hoër Volkskool hul jaarlikse OPEDAG vir alle belangstellende graad 7-leerders aan.Ons is uniek, ons is trots Afrikaans en ons is in die platteland! Het u al die GOOGLE vorm voltooi? Volg asseblief die skakel en voltooi die vorm om u teenwoordigheid te bevestig. GOOGLE VORM Ons sien daarna...
HVS Rugbyweek
Die HVS Rugbyweek het skole vanuit verskeie streke die geleentheid gegee om teen mekaar mee te ding.Al die spanne het Woensdag, 1 Mei in Graaff-Reinet gearriveer en die week is afgeskop met ‘n verwelkomingseremonie. Hier is almal welkom geheet en bederf met egte Karoo gasvryheid. Die wedstryde het Donderdagoggend reeds om 8h afgeskop en dit...
Motorfiets Enduro
Erik Swanepoel, graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het gedurende 27-28 April aan “Chasing Giants” te Katberg (naby Fort-Beaufort) deelgeneem. Hierdie was weereens een van daardie byeenkomste waar dit ‘n groot prestasie is om die wedren te voltooi. Erik het in die afdeling deelgeneem waar die roete as die moeilikste roete beskou word. Dit het behels...
HVS rugby teen Marlow
Vroeg Saterdagoggend, 27 April, het Hoër Landbouskool Marlow in Graaff-Reinet aangekom om kragte te meet teen Hoër Volkskool. Die weersomstandighede was perfek en ‘n opgewondenheid het in die lug gehang. Die 0.14s het swaar gekry en verloor met ‘n telling van 5-50. Die 0.15s kon ook nie die mas opkom nie en verloor 3-43. Die...
Nederland Hokkie
Vroeër in die kwartaal het Hoër Volkskool se eerste hokkiepsan deelgeneem aand die Greg Beling hokkiefees in Oos-Londen. Tydens die toernooi het Tallies Agency, ‘n besigheid wat belowende hokkiespelers identifiseer, drie van HVS se hokkiespelers aangewys as belowende hokkiespelers. Zandri Groenwald (0.18), Lisa Steynberg (0.18) en Alecia Louw (0.16) is gekies as spelers as deel...
ATKV Karoo Toneelfees
Hoër Volkskool Graaff-Reinet het 13 April aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in Victoria-Wes deelgeneem. Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars. Verder is ook genoem dat die afronding van die stuk prysenswaardig is. Darion Jooste ontvang die toekenning vir Beste Manlike Akteur. Ons is voorwaar trots op ons skool se...
Gholf
Johndre Ludick (17), ‘n talentvolle jong gholfspeler van Hoër Volkskool, het onlangs aan twee toernooie deelgeneem. By die 2024 Nomads SA seuns o. 19-slagspel-kampioenskap wat van 25 tot 29 Maart in Benoni gehou is, het hy ‘n vyfde plek behaal. Van 12 – 14 April het hy aan die 2024 First Capital Bank Zimbabwe Junior...
Hoërskool Despatch Uitslae
Die afgelope naweek het Hoër Volkskool kragte gemeet teen Hoërskool Despatch. dit was ‘n lekker dag met gemengde uitslae: Die netbal het bietjie swaar gekry maar dit was ‘n goeie leerskool vir die meisies. die spanne het hul harte uitgespeel en nooit gaan lê nie. Die hokkie het ‘n goeie dag beleef, met die volgende...
Onderwêreld
‘n Wonderlike geleentheid het ons gr 12’s te beurt geval. Die matrieks het Maandag, 22 April, ‘n opvoering in ons eie skoolsaal gekyk wat handel oor een van hul voorgeskrewe boeke vir die matriekeindeksamen. Die verhoog is betree deur bekende persoonlikhede soos Francois Lensley (hy was lank te sien as Marko van 7e laan, meer...









