Jamie-Lee Gerber het deurgedring tot die laaste rondte netbalproewe. Sy is tans deel van die Sarah Baartman span. Die proewe vind die naweek plaas te Hoërskool Hangklip in Queenstown. Baie sterkte vir die laaste rondte en baie geluk met jou prestasie sover!
Kategorie: Nuusberigte
Bloemfontein Skou
Tydens die Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe by Bloemfontein Skou het 3 van Hoër Volkskool se leerders baie goed presteer. Dit is die grootste Ope Lug skou ter wêreld. Hul uitslae is as volg: Tiaan Fourie eindig 8ste in 3 Gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder, en 4de in 3 Gang...
Hokkie uitblinkers
In 2024, soos in die verlede, het die Oostelike Provinsie hokkieproewe reeds in Februarie tydens die openingstoernooi begin en opgevolg met streekproewe vir o.16-spelers. Na afloop van die finale rondte proewe op 28 April is Alecia Louw (o.16A) en Deidre Alberts (o.14A) in die OP spanne ingesluit, vir deelname aan die Interprovinsiale Toernooie wat jaarliks...
Landsdiensbestuur
Landsdiens is ‘n groot baken op Hoër Volkskool se kultuurlys. Ons leerders doen baie goed in landsdiens en ons het al ‘n paar landsdieners gehad wat gekwalifiseer het vir nasionale kampe. Ons tak is baie gesond en ons nuwe bestuur is aangewys:Vlnr: Anya Cornelius, Darion Jooste, Chante Coetzee (onderwyseres), Jaydene Vaaltyn en Jani van der...
Opedag 13 Mei 2024
Maandag, 13 Mei 2024 om 10:00 bied Hoër Volkskool hul jaarlikse OPEDAG vir alle belangstellende graad 7-leerders aan.Ons is uniek, ons is trots Afrikaans en ons is in die platteland! Het u al die GOOGLE vorm voltooi? Volg asseblief die skakel en voltooi die vorm om u teenwoordigheid te bevestig. GOOGLE VORM Ons sien daarna...
HVS Rugbyweek
Die HVS Rugbyweek het skole vanuit verskeie streke die geleentheid gegee om teen mekaar mee te ding.Al die spanne het Woensdag, 1 Mei in Graaff-Reinet gearriveer en die week is afgeskop met ‘n verwelkomingseremonie. Hier is almal welkom geheet en bederf met egte Karoo gasvryheid. Die wedstryde het Donderdagoggend reeds om 8h afgeskop en dit...
Motorfiets Enduro
Erik Swanepoel, graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het gedurende 27-28 April aan “Chasing Giants” te Katberg (naby Fort-Beaufort) deelgeneem. Hierdie was weereens een van daardie byeenkomste waar dit ‘n groot prestasie is om die wedren te voltooi. Erik het in die afdeling deelgeneem waar die roete as die moeilikste roete beskou word. Dit het behels...
HVS rugby teen Marlow
Vroeg Saterdagoggend, 27 April, het Hoër Landbouskool Marlow in Graaff-Reinet aangekom om kragte te meet teen Hoër Volkskool. Die weersomstandighede was perfek en ‘n opgewondenheid het in die lug gehang. Die 0.14s het swaar gekry en verloor met ‘n telling van 5-50. Die 0.15s kon ook nie die mas opkom nie en verloor 3-43. Die...
Nederland Hokkie
Vroeër in die kwartaal het Hoër Volkskool se eerste hokkiepsan deelgeneem aand die Greg Beling hokkiefees in Oos-Londen. Tydens die toernooi het Tallies Agency, ‘n besigheid wat belowende hokkiespelers identifiseer, drie van HVS se hokkiespelers aangewys as belowende hokkiespelers. Zandri Groenwald (0.18), Lisa Steynberg (0.18) en Alecia Louw (0.16) is gekies as spelers as deel...
ATKV Karoo Toneelfees
Hoër Volkskool Graaff-Reinet het 13 April aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in Victoria-Wes deelgeneem. Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars. Verder is ook genoem dat die afronding van die stuk prysenswaardig is. Darion Jooste ontvang die toekenning vir Beste Manlike Akteur. Ons is voorwaar trots op ons skool se...









