Ons immergewilde skaapkop, afval en beesstertaand is hier! R130 per persoon Vrydag, 28 Julie 2023 19:00 tot laat Die Volksie Kontantkroeg beskikbaar. Kaartjies nou beskikbaar by die skoolkantoor – 049 8910514
Category: Nuusberigte
Laer Volkskool Opedag
Besoek ons opedag op 28 Julie 2023 om 10:00 Bevestig jou teenwoordigheid: 049 8910803 of admin@laervolkskool.org
Graad 12
Die graad 12-klas was na ‘n koue oggend in die eksamenlokaal deur die NG Kerk Graaff-Reinet met ‘n inspirerende boodskap en heerlike warm pannekoek bederf. Baie dankie aan tannie Ingrid Boshoff wat namens die kerk, ons leerders kom bederf het.
Hokkie
Zanri Groenewald (graad 11) is gekies vir die Border o.18-hokkiespan. Die span neem vanaf 2 – 5 Julie aan ‘n interprovinsiale hokkietoernooi deel. Die toernooi vind in die Paarl plaas. Baie geluk Zanri.
Gevegskuns
HVS se leerders wat studente van Raptors Martial Arts-klub is, het verlede naweek aan die O.P. Classic Kampioenskappe in Despatch deel geneem. 163 Studente van 8 verskillende klubs regoor die Oos-Kaap het hieraan deelgeneem. Hierdie leerders het groot sukses behaal en hulle harte uit baklei vir hierdie medaljes! Reaglin Maarman (5 Medaljes) * 2 silwer...
Perdry
Twee van HVS se leerders het aan die SA Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem. Gaby Hall: 4de – 3gang kinderryperd vir junior ruiters 3de – SA Groot Kampioen 3gang kinderryperd vir junior ruiters Tiaan Fourie: 6de – Parkperd ruiters o.16 4de – 3gang ruiterkuns o.18 Tiaan het deurgedring tot die finale rondte van die 5gang...
Rugby
Baie geluk, Jan Theo van Tonder met jou insluiting in die OP Akademiespan as agsteman. Jan Theo is ook as onderkaptein van die span aangewys.
Skaak
UHS was die gasheer van ‘n ligawedstryd waaraan Hoër Volkskool deelgeneem het. Sewe van HVS se eerste skaakspan, Jean Pierre Theron, Michaele Maarman, Layton Meshilinie, Bianca Swart, Michyle Mostert, Jeandre Theron en Lara Vosloo is in HVS se ligaspan ingesluit. Een van die kenmerke van ‘n goeie skaakspeler is goeie konsentrasie en genoeg geduld. Elke...
Netbal
Hoër Volkskool het op Donderdag 25 Mei, hul eerste netbalwedstryd in die aand teen Spandau Sekondêre Skool gespeel.Dit was ‘n heerlike atmosfeer onder die ligte en die gees onder die spelers en ondersteuners was aansteeklik!Ons opregte dank aan elke ondersteuner! Ons sien uit daarna om nog vele aandwedstryde onder die ligte te speel!
Volkskool Springbokjag
Die jaarlikse springbokjag ten bate van Huis Cronjé, het verlede Vrydag plaasgevind. Terwyl mis op ‘n ‘n koel herfsoggend teen Spandaukop afrol, kon jagters met ‘n stomende koppie koffie in die hand hul beurt afwag om die plaas waar hulle gaan jag, te trek. Vier manne per span moet elk met twee bokke terug kom....









