Sportuitslae van Hoër Volkskool teen Gill Kollege
Kategorie: Nuusberigte
Netbal Interskole
HVS se netbalspanne speel môre hul Interskole wedstryde teen Gill Kollege. HVS se eerste netbalspan is as volg: (Foto vlnr) Jay-Lynn Daniels (HV en O-kapt) Tammy Ludick (AV) Lenique Pienaar (V) Antio-Jean Hufkie (AV) Nomza Koopman (VV) Romanicha Stoffels (S en Kaptein) Sanet Grobler (HD) Melandré Kombani (D) Baie sterkte aan al ons netbalspanne!
Boogskiet
Mathys Oberholzer (graad 12) en oud-Volksie Annelie Pieterse neem vandag aan ‘n Internasionale Boogskiettoernooi deel. Sterkte met julle deelname!
Die Volksie
Ons immergewilde skaapkop, afval en beesstertaand is hier! R130 per persoon Vrydag, 28 Julie 2023 19:00 tot laat Die Volksie Kontantkroeg beskikbaar. Kaartjies nou beskikbaar by die skoolkantoor – 049 8910514
Laer Volkskool Opedag
Besoek ons opedag op 28 Julie 2023 om 10:00 Bevestig jou teenwoordigheid: 049 8910803 of admin@laervolkskool.org
Graad 12
Die graad 12-klas was na ‘n koue oggend in die eksamenlokaal deur die NG Kerk Graaff-Reinet met ‘n inspirerende boodskap en heerlike warm pannekoek bederf. Baie dankie aan tannie Ingrid Boshoff wat namens die kerk, ons leerders kom bederf het.
Hokkie
Zanri Groenewald (graad 11) is gekies vir die Border o.18-hokkiespan. Die span neem vanaf 2 – 5 Julie aan ‘n interprovinsiale hokkietoernooi deel. Die toernooi vind in die Paarl plaas. Baie geluk Zanri.
Gevegskuns
HVS se leerders wat studente van Raptors Martial Arts-klub is, het verlede naweek aan die O.P. Classic Kampioenskappe in Despatch deel geneem. 163 Studente van 8 verskillende klubs regoor die Oos-Kaap het hieraan deelgeneem. Hierdie leerders het groot sukses behaal en hulle harte uit baklei vir hierdie medaljes! Reaglin Maarman (5 Medaljes) * 2 silwer...
Perdry
Twee van HVS se leerders het aan die SA Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem. Gaby Hall: 4de – 3gang kinderryperd vir junior ruiters 3de – SA Groot Kampioen 3gang kinderryperd vir junior ruiters Tiaan Fourie: 6de – Parkperd ruiters o.16 4de – 3gang ruiterkuns o.18 Tiaan het deurgedring tot die finale rondte van die 5gang...
Rugby
Baie geluk, Jan Theo van Tonder met jou insluiting in die OP Akademiespan as agsteman. Jan Theo is ook as onderkaptein van die span aangewys.









