Ses van Hoër Volkskool se leerlinge het Donderdag, 24 Augustus 2023 aan die Sanlam WOW-Spelfees deelgeneem. Dié kompetisie was die tweede rondte en het by Graaff-Reinet Primêr plaasgevind. Ons leerders het baie goed gevaar. Op die foto is die volgende leerlinge: Michayle Maarman (Algeheel eerste in die gr 10 afdeling) Chaendré Damons (deelname gr ,...
Kategorie: Nuusberigte
Gimnastiek
Leoné Lategan het aan die Karoo Gimnastiek Winter Uitnodigingskompetisie wat by Laer Volkskool aangebied is, deelgeneem. Sy het ‘n algehele eerste plek in twee afdelings, naamlik die Vloerafdeling en die Vault-afdeling behaal. Sy behaal ‘n finale punt van 8.8 en het ‘n goue medalje vir hierdie prestasie by die kompetisie ontvang. Baie geluk, Leoné.
Marilie Moolman Toernooi
Op Donderdag 17 Augustus 2023, het Hoër Volkskool se top 6 seuns na Cradock vertrek om aan die gesogte Marilie Moolman Tennistoernooi deel te neem. Die dorp het behoorlik gewemel van talentvolle besoekers uit die uithoeke van die land – Pretoria, Kimberley, Bloemfontein, Stellenbosch en talle Oos-Kaapse skole. Hoër Volkskool was by verre die kleinste...
Skeppende kuns
By HVS het die graad 8’s en 9’s vanoggend vir groot opgewondenheid gesorg. Hulle het vir Skeppende Kuns ‘n modeparade gehou. Elke groep moes ‘n onderneming uitbeeld deur herwinbare of afbreekbare materiale te gebruik. Aan talent en oorspronklikheid was daar geen gebrek nie.
Boogskiet
Die laaste boogskiet vir die jaar teen die ander skole en klubs van Oos-Kaap het op Saterdag 12 Augustus op die velde van Daniël Pienaar te Uitenhage plaasgevind.‘n Totaal van 82 skuts het in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span deelgeneem. Daar is in Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit...
Akademie Top 10 2de kwartaal
Baie geluk aan die leerders wat in die tweede kwartaal se TOP 10 vir akademie is. Bou voort op hierdie goeie prestasies.
Skaak
Layton Meshilinie, ‘n graad 10-leerling aan Hoër Volkskool, het onlangs aan die finale Sarah Baartman skaakproewe te Jeffreysbaai deelgeneem. Hy het baie goed gevaar by die toernooi en is in die finale o.18 Sarah Baartman skaakspan opgeneem wat in Oktober, ook te Jeffreysbaai, aan die Interprovinisiale Skaaktoernooi gaan deelneem. Baie geluk, Layton.
Gholf
Johndré Ludick, ‘n graad 11-leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Nasionale span wat aan die Reply Italian Golf Championship in Italië gaan deelneem. Die span bestaan uit 4 lede wat Suid-Afrika in die kompetisie wat al vir 16 jaar aangebied word, gaan verdedig. Daar is altesaam 20 lande wat aan hierdie kompeitisie van...









