Die VCSV kom elke Woensdag om 18:00 bymekaar. Hulle het onlangs ‘n “amazing race” gehou waaraan die leerders deelgeneem het. Elke span moes ‘n naam kies en soveel as moontlik van die uitdagings binne ‘n uur suksesvol voltooi. Foto’s van elke uitdaging moes deurlopend aan me. Coetzee gestuur word en almal moes teen 18:55 by...
Category: Nuusberigte
Fotografieklub
Me. Hester Prinsloo, betrokke by HVS se kultuurafdeling en Matty van Rensburg Photography het kragte saamgespan en ‘n fotografieklub vir Volkskoolleerders begin. Matty bied weekliks ‘n leervolle les aan en leerders word stap vir stap die fyn kuns van fotografie geleer. Hulle het hul eerste foto’s tydens die opedag uitgestal. Ons is opgewonde om hul...
Volksmond
Srinivas Mishra het die wyse woorde eens gedeel:” As die omgewing gelukkig is, sal die gemeenskap meer vreugde ervaar en hulle bekommernisse sal ver voel.” Die ATKV-jeugtak, Volksmond, het 3 Mei die rommel langs die dam gaan optel om by te dra tot ons omgewing en gemeenskap se geluk. Dankie HVS Volksmondlede, vir julle omgee!
Hokkie
HVS vs Hoërskool Framesby Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het verlede week teen Hoërskool Framesby deelgeneem en die wedstryd se eindtelling was twee elk. HVS se doele is deur Mienke Janse van Rensburg en Lua Bouwer aangeteken. Spelers van die wedstryd is Lynette Truter en Carla van Tonder. So trots op julle! Foto vlnr: Lua...
HVS Golf
Ons is baie trots op Hoër Volkskool se Johndre Ludick, wat tans agste op GolfRSA se o.17-ranglys is. Baie geluk, Johndre. Meer inligting: https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=6244759495599758&id=537908499618248&sfnsn=scwspwa&mibextid=VhDh1V
Akademie Top 10
Akademie is een van die belangrikste boustene by Hoër Volkskool en word leerders aangemoedig om goed te presteer. Kwartaalliks word daar aan die Top 10 in elke klas erkenning gegee. Baie geluk aan die Top 10-leerders vir die eerste kwartaal van 2023.
Borge – Mnr & Mej Volkskool 2023
Baie dankie aan ons borge vir Mnr. en Mej. Volkskool 2023! Sonder julle sou ons glad nie so ‘n glansgeleentheid kon aanbied nie. Ons borge het geskenke en geskenkbewyse as pryse vir die geleentheid gegee. Ons wil graag die volgende borge hartlik bedank: • La Amour de La Beauty • Schoonhuid • The Windmill Junction...
Sportprestasies
Die eerste kwartaal van 2023 was gekenmerk deur goeie prestasies op die sportveld. Leerders het erkenning gekry vir hul prestasies in atletiek, swem en tennis. Baie dankie vir julle toewyding aan Volkskool en baie geluk met die toekennings wat julle ontvang het!
Hokkie
Verlede jaar het die Hanekom-gesin vanaf Ceres na Graaff-Reinet verhuis en het Luan Hanekom sy skoolloopbaan by Hoër Volkskool begin. Luan is ‘n goeie hokkiespeler en het in Ceres hokkie gespeel. Hy het besluit om daarmee voort te gaan en is tans lid van die Karoo Hokkieklub. Luan het tydens die Aprilvakansie, as deel van...
Opedag 15 Mei 2023
Dit het alles begin meer as ‘n eeu gelede…Sedert 1922 is Hoër Volkskool ‘n skool waar die omgewing geskep word vir Afrikaanssprekende leerders, ondersteun deur sterk Christelike lewenswaardes, om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.Kom kyk waarheen ons op pad is!Hiermee, word u dan hartlik uitgenooi om by ons te kom kuier op 15 Mei en sodoende...









