Volkskool het nie teleurgestel by dié jaar se Vlak 3 swemkampioenskap in Kaapstad nie. Die dogters het 3 medaljes huis toe gebring en pragtige persoonlike beste tye opgestel. Hulle het na 12 finale deurgedring en die finale uitslae was as volg: Marlien Crewe-Brown 1ste – 100m borsslag 2de – 50m borsslag 4de – 200 IM...
Category: Nuusberigte
Rugby
Dit was ‘n heerlike week in Riversdal waar ons eerste rugbyspan aan die Oakdale Sportweek deelgeneem het. Hoër Volkskool se span het baie goed gevaar. Vandag se wedstryd se telling: HVS 24 – 29 Bredasdorp. Baie dankie aan ons afrigters vir alles wat julle vir die span beteken. Ons ondersteuners en fotograaf Mia Van Eeden...
Mnr & Mej Volkskool
Tydens ‘n spoggeleentheid wat by Botanies aangebied was, het die finaliste die laaste geleentheid gehad om die beoordelaars te beïndruk. Die finale keuse van die beoordelaars was as volg: Mej. Volkskool: Sanet Grobler, Mnr Volkskool: Juan Stannard Eerste prinses: Temzynne Jurries Eerste prins: Jan-Theo van Tonder Tweede prinses: Jani van der Merwe Tweede prins: AJ...
Hokkie en Rugby
Tydens die Union Sportweek het Hoër Volkskool se eerste hokkiespan vandag teen Langenhoven Gim gespeel en HVS het die wedstryd gewen. Alecia Louw het die doel aangeteken en Sare Viljoen is as speler van die wedstryd aangewys. Hoër Volkskool se eerste rugbyspan het vanoggend in Riversdal ‘n wedstryd teen Montagu gespeel. HVS het die wedstryd...
Hokkie – OP hokkieproewe
Hoër Volkskool se hokkiespelers het aan OP hokkieproewe deelgeneem en die volgende spelers is gekies om aan die volgende rondte deel te neem: o.18: Zanri Groenewald o.16: Sare Viljoen en Cara Nel o.14: Alecia Louw Baie sterkte met julle voorbereidings vir die volgende proewe! FOTO: Sare, Zanri, Cara en Alecia
Boogskiet
“Bull’s eye” afdeling Die bus met 14 skuts en ons afrigters het Saterdagoggend om 6:00 vertrek om in Jeffreysbaai by GLS (Global Leadership Academy) aan twee kompetisies, Soulpoint Ope en GLA ope deel te neem. In beide kompetisies is daar net in die “Bull’s Eye”-afdeling meegeding. Skuts van Alexandria, Despatch, Uitenhage, Jeffreysbaai en Graaff-Reinet was...
Tennis – 0.15 IPT deelname
Hoër Volkskool se talentvolle o.15 tennisspelers, Alecia Louw en Louwen Wolfaardt, bevind hulle tans in Pretoria waar hulle as lede van die Oos-Kaap 0.15 tennisspan aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi deelneem. Die toernooi het vroeg Sondagoggend 26 Maart 2023, afgeskop met die Oos-Kaap Tennisspan wat sommer met die eerste wedstryd van die toernooi hul stempel...
Mnr en Mej Volkskool 2023
Baie geluk aan die Top 10-finaliste wat vir Mnr. & Mej. Volkskool 2023 gekies is. Kaartjies vir die spoggeleentheid is by Hoër Volkskool se kantoor te koop. Tema: Informele “Island Style” Datum: 30 Maart 2023 Plek: Hoër Volkskool Tyd: 18:00 vir 18:30
Aanlyn Jagveiling
Die baie gewilde Volkskool Graaff-Reinet AANLYN JAGVEILING in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet, skop binne 10 dae af. Registreer by www.insamel.co.za en hou Volkskool Jagveiling 2023 se blad dop vir meer inligting oor die uitsonderlike pakkette wat opgeveil word. Navrae:...
Genade dade uitdaging
Hoër Volkskool wil die fokus skuif van ‘n generasie wat die wêreld wil verander sodat elke individu gelukkiger kan wees, na ‘n generasie wat elke dag daarop ingestel is om geleenthede te soek waar ons ‘n positiewe verskil in die lewe van ons naaste kan maak en so kan een individu op ‘n slag ‘n...









